Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 4

Hoe jy God kan leer ken

Hoe jy God kan leer ken

Jy kan Jehovah leer ken deur die Bybel te lees. God het lank gelede sekere mense gekies om sy woorde neer te skryf. Daardie geskrifte word die Bybel genoem. Vandag leer ons God ken deur die Bybel te lees. Aangesien die Bybel Jehovah se woord, of boodskap, bevat, word dit ook God se Woord genoem. Ons kan glo wat die Bybel sê omdat Jehovah nooit leuens vertel nie. ‘Dit is onmoontlik vir God om te lieg’ (Hebreërs 6:18). God se Woord bevat die waarheid.—Johannes 17:17.

Die Bybel is een van God se kosbaarste geskenke aan ons. Dit is soos ’n brief van ’n liefdevolle vader aan sy kinders. Dit vertel ons van God se belofte om die aarde in ’n pragtige woonplek te omskep—’n paradys. Dit vertel ons wat hy in die verlede gedoen het, wat hy nou doen en wat hy in die toekoms vir sy getroue kinders sal doen. Dit help ons ook om ons probleme op te los en om geluk te vind.—2 Timoteus 3:16, 17.

Jehovah se Getuies is vriende van God; hulle sal jou help om te verstaan wat die Bybel ons leer. Sê net vir hulle dat jy die Bybel wil bestudeer. Dit sal jou niks kos nie (Matteus 10:8). Jy kan ook Christelike vergaderinge bywoon. Dit word gehou in plekke van aanbidding wat Koninkryksale genoem word. As jy Christelike vergaderinge bywoon, sal jy vinniger kennis van God inneem.

Jy kan God leer ken deur die dinge wat hy gemaak het. Die Bybel sê byvoorbeeld: “God [het] die hemel en die aarde geskep” (Genesis 1:1). Toe Jehovah “die hemel” geskep het, het hy die son gemaak. Wat sê dit vir ons omtrent God? Dit sê vir ons dat Jehovah groot krag het. Net hy kon iets so kragtig soos die son gemaak het. Dit sê ook vir ons dat Jehovah wys is, want dit verg wysheid om die son te maak wat hitte en lig uitstraal maar nooit uitbrand nie.

Jehovah se skepping toon dat hy ons liefhet. Dink aan al die verskillende vrugte wat daar op die aarde is. Jehovah kon net een soort vrug vir ons gegee het—of geen vrugte nie. Maar Jehovah het vir ons baie soorte vrugte gegee met ’n groot verskeidenheid vorme, groottes, kleure en smake. Dit toon dat Jehovah nie net ’n liefdevolle God is nie, maar dat hy ook baie vrygewig en bedagsaam en goedhartig is.—Psalm 104:24.