LES 3
Jy moet God leer ken
Om God se vriend te wees, moet jy hom leer ken. Ken jou vriende jou naam en gebruik hulle dit? Ja, natuurlik. God wil ook hê dat jy sý naam moet ken en gebruik. God se naam is Jehovah (Psalm 83:18; Matteus 6:9). Jy moet ook leer waarvan hy hou en nie hou nie. Jy moet weet wie sy vriende is en wie sy vyande is. Dit neem tyd om iemand te leer ken. Die Bybel sê dat dit verstandig is om tyd opsy te sit om Jehovah te leer ken.—Efesiërs 5:15, 16.
God se vriende doen wat hom behaag. Dink aan jou vriende. Sal hulle jou vriende bly as jy hulle sleg behandel en dinge doen wat hulle haat? Natuurlik nie! Net so ook moet jy doen wat God behaag as jy sy vriend wil wees.—Johannes 4:24.
Nie alle godsdienste laat jou ’n vriend van God word nie. Jesus, wat God se intiemste vriend is, het van twee paaie gepraat. Een pad is breed en vol mense. Daardie pad lei tot vernietiging. Die ander pad is smal en daar is min mense daarop. Daardie pad lei tot die ewige lewe. As jy dus ’n vriend van God wil wees, moet jy leer wat die regte manier is om hom te aanbid.—Matteus 7:13, 14.