LES 12
Wat gebeur by die dood?
Die dood is die teenoorgestelde van die lewe. Die dood is soos ’n diep slaap (Johannes 11:11-14). Dooies kan niks hoor, sien, sê of dink nie (Prediker 9:5, 10). Valse godsdiens leer dat die dooies na ’n geesteryk gaan waar hulle saam met hulle voorouers lewe. Dit is nie wat die Bybel leer nie.
Diegene wat gesterf het, kan ons nie help nie en hulle kan ons nie kwaad aandoen nie. Dit is algemeen vir mense om rituele uit te voer en offerandes te bring wat hulle glo die dooies sal behaag. Dit mishaag God, want dit is op een van Satan se leuens gegrond. Dit kan ook nie die dooies behaag nie, want hulle lewe nie. Ons moenie die dooies vrees of aanbid nie. Ons moet God alleen aanbid.—Matteus 4:10.
Die dooies sal weer lewe. Jehovah sal die dooies opwek tot lewe op ’n paradysaarde. Daardie tyd moet nog kom (Johannes 5:28, 29; Handelinge 24:15). God kan mense uit die dood wakker maak, net so seker as wat jy iemand wat slaap, kan wakker maak.—Markus 5:22, 23, 41, 42.
Die opvatting dat ons nie sterf nie, is ’n leuen wat deur Satan die Duiwel versprei is. Satan en sy demone laat mense dink dat die geeste van die dooies lewe en siekte en ander probleme veroorsaak. Satan mislei mense, soms deur middel van drome en visioene. Jehovah veroordeel diegene wat met die dooies probeer praat.—Deuteronomium 18:10-12.