Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 1

God nooi jou om sy vriend te word

God nooi jou om sy vriend te word

God wil graag hê dat jy sy vriend moet wees. Het jy al ooit daaraan gedink dat jy ’n vriend van die vernaamste Persoon in die heelal kan wees? Abraham, wat lank gelede gelewe het, is God se vriend genoem (Jakobus 2:23). Die Bybel praat ook van ander wat God se vriendskap geniet het en grootliks geseën is. Vandag is daar mense in alle wêrelddele wat vriende van God geword het. Jy kan ook God se vriend wees.

Om ’n vriend van God te wees, is beter as om ’n vriend van enige mens te wees. God stel nooit sy lojale vriende teleur nie (Psalm 18:25). Om ’n vriend van God te wees, is beter as om ryk te wees. Wanneer ’n ryk persoon sterf, kry ander sy geld. Maar diegene wat ’n vriend van God is, het ’n skat wat niemand kan wegneem nie.—Matteus 6:19.

Party mense sal dalk probeer keer dat jy God leer ken. Selfs van jou vriende en familielede sal dit dalk doen (Matteus 10:36, 37). As ander jou bespot of dreig, kan jy jou afvra: ‘Wie wil ek behaag—God of mense?’ Dink hieroor na: Sal jy luister as iemand vir jou sê om op te hou eet? Natuurlik nie! Jy het kos nodig om te lewe. Maar God kan jou vir ewig laat lewe! Moet dus nie toelaat dat enigiemand jou keer om te leer hoe jy ’n vriend van God kan wees nie.—Johannes 17:3.