Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Brief van die Bestuursliggaam

’n Brief van die Bestuursliggaam

Aan diegene wat lief is vir Jehovah en sy Woord, die Bybel:

“Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak”, het Jesus gesê (Johannes 8:32). Dink aan hoe jy gevoel het toe jy die waarheid uit die Bybel begin leer het! Dit was opwindend om te weet dat ons die waarheid kan leer, al lewe ons in ’n wêreld vol leuens. – 2 Timoteus 3:1.

Jehovah God wil hê dat ons die waarheid moet ken. En omdat ons lief is vir mense, wil ons hulle daarvan vertel. Maar om Jehovah te dien, behels meer as dit. Omdat ons diep respek het vir Jehovah se beginsels, moet ons ons bes doen om ’n Christelike lewe te lei. Jesus het verduidelik hoe ons kan wys dat ons God liefhet. Hy het gesê: “As julle my gebooie gehoorsaam, sal julle in my liefde bly, net soos ek die Vader se gebooie gehoorsaam het en in sy liefde bly.” – Johannes 15:10.

Jesus is baie lief vir sy Vader, en hy doen alles wat sy Vader hom vra om te doen. As ons Jesus navolg in die manier waarop ons lewe, sal Jehovah ons liefhê en sal ons werklik gelukkig wees. Soos Jesus gesê het: “Noudat julle hierdie dinge weet, sal julle gelukkig wees as julle dit doen.” – Johannes 13:17.

Ons hoop dat hierdie publikasie jou sal help om volgens die waarheid in die Bybel te lewe en om ’n vriend van God te word. Ons bid dat jou liefde vir God al hoe sterker sal word en dat jy “in God se liefde [sal] bly, . . . met die ewige lewe in die vooruitsig”. – Judas 21.

Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies