DIE DOMINIKAANSE REPUBLIEK
Hulle het tred gehou met die groei
‘Alle soorte mense moet gered word’
Dit is Jehovah se wil dat “alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Tim. 2:4). In ooreenstemming met hierdie goddelike beskouing wend Jehovah se Getuies in die Dominikaanse Republiek ’n doelbewuste poging aan om mense in elke uithoek van hulle gebied te bereik, insluitende dié in die land se gevangenisse.
Toe twee spesiale pioniers in 1997 hulle weeklikse besoek by die Najayo-gevangenis in San Cristóbal afgelê het, het hulle Gloria ontmoet, ’n 23-jarige Colombiaanse vrou wat opgesluit is omdat sy met dwelms gesmous het. Sy het reeds besprekings gehad met ’n suster wat ten onregte opgesluit is. Die broers het vir Gloria die boek Redenering uit die Skrif en ander publikasies gebring om haar Bybelvrae te help beantwoord. Haar entoesiasme en ywer om te leer, het ander gevangenes beïnvloed, en daarom het die groep wat weekliks besoek is, aanhou groei.
Die waarheid het merkwaardige veranderinge in Gloria teweeggebring, en in 1999 het sy gekwalifiseer om ’n
ongedoopte verkondiger te word. Elke maand het sy meer as 70 uur in haar tronkgebied gepreek, en sy het ses progressiewe Bybelstudies met ander gevangenes gehou. Toe, in 2000, het sy aansoek gedoen om ’n presidensiële kwytskelding, wat weens haar goeie gedrag toegestaan is. Sy is vrygelaat en na Colombia teruggestuur. In 2001, kort nadat sy in haar tuisland aangekom het, is sy gedoop, al het haar familie haar besluit hewig teëgestaan.Nadat Gloria gedoop is, het sy begin pionier. Sy het met ’n broer getrou wat ’n ouer man is, en hulle is nou albei gewone pioniers. Hulle dien tans in ’n deel van Colombia waar daar hulp nodig is. Gloria het ’n hele paar van haar studente gehelp om tot toewyding en doop te vorder. Sy sê dat sy baie aan Jehovah verskuldig is, en die beste manier om hom terug te betaal, is om ander te help verkry wat sy verkry het—kennis van die waarheid.
Soos Gloria se ondervinding toon, kon ystertralies nie keer dat gevangenes lewensreddende waarhede leer nie. Verteenwoordigers van die takkantoor het met amptenare van die Algemene Buro van Gevangenisse vergader en toestemming gevra om toegang tot meer gevangenisse te verkry om Bybelstudies te hou. Gevolglik het 43 broers en 6 susters permitte ontvang om aan Bybelonderrigtingswerk in 13 tronke deel te neem.
“Verleng jou tenttoue”
Teen die einde van die 20ste eeu het die Dominikaanse Republiek 21 684 verkondigers van die goeie nuus in 342 gemeentes en 34 380 Bybelstudies gerapporteer. Die Gedenkmaalopkoms was 72 679. As gevolg van die groei het Jehovah se volk met dringendheid gereageer Jes. 54:2.
op die woorde van Jesaja: “Maak die plek van jou tent wyer. En laat hulle die tentdoeke van jou grootse woning uitspan. Moenie terughou nie. Verleng jou tenttoue.”—Een uitdaging was om ’n Byeenkomssaal te kry wat groot genoeg sou wees vir die groeiende aantal verkondigers. In 1996 is die Byeenkomssaal langsaan die takkantoor in Santo Domingo voltooi, en die broers in die hoofstad en omliggende gebiede het dit gebruik. Maar die Byeenkomssaal in Villa González, wat deur die res van die land gebruik is, moes dringend opgeknap of vervang word.
In 2001 het die Bestuursliggaam die bou van ’n Byeenkomssaal met 2 500 sitplekke op die perseel in Villa González goedgekeur. Die broers was verheug om te hoor dat daar ook ’n fasiliteit gebou sou word vir die Bedieningsopleidingskool
(wat nou deur die Skool vir Koninkrykspredikers vervang is). Dit sou langsaan die Byeenkomssaal wees en sou woonkamers, ’n klaskamer, ’n biblioteek, ’n kombuis en ’n eetsaal hê. In 2004 het Theodore Jaracz van die Bestuursliggaam die toewydingstoepraak vir die nuwe fasiliteite gehou. Sedertdien het 15 klasse aan die skool gegradueer.