Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

INDONESIË

Van misdaadbaas tot gerespekteerde burger

Hisar Sormin

Van misdaadbaas tot gerespekteerde burger
  • GEBORE 1911

  • GEDOOP 1952

  • PROFIEL ’n Voormalige leier van ’n misdadigersbende wat later ’n lid van die Takkomitee geword het.

BY EEN geleentheid is broer Sormin deur die Direkteur van Intelligensie na die prokureur-generaal se kantoor ontbied.

“Jy is Indonesies, so wees eerlik met my”, het die amptenaar gesê. “Wat doen Jehovah se Getuies werklik in Indonesië?”

“Kom ek vertel jou my verhaal”, het broer Sormin geantwoord. “Ek was eens die leier van ’n misdadigersbende, maar nou leer ek mense van die Bybel. Dít is wat Jehovah se Getuies in Indonesië doen—hulle verander nikswerd mense soos ek in goeie burgers!”

Die Direkteur van Intelligensie het later gesê: “Ek hoor baie klagtes oor Jehovah se Getuies. Maar ek weet dat dit ’n goeie godsdiens is, want hulle het mnr. Sormin gehelp om te verander.”