Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

INDONESIË

Hy het geestelike skatte waardeer

Thio Seng Bie

Hy het geestelike skatte waardeer
  • GEBORE 1906

  • GEDOOP 1937

  • PROFIEL ’n Getroue ouer man wat rassegeweld verduur het.—Soos vertel deur sy dogter Thio Sioe Nio.

IN Mei 1963 het haat teenoor Chinese regoor Wes-Java tot onluste gelei. Die stad wat die ergste hierdeur geraak is, was Sukabumi, waar ons gesin ’n vervoerbesigheid gehad het. Honderde mense wat soos besetenes opgetree het—insluitende party van ons bure—het by ons huis ingebreek. Ons het vreesbevange styf teen mekaar gesit terwyl hulle ons besittings gebreek of gevat het.

Toe die oproerige skare weggegaan het, het ander bure ons kom vertroos. My pa het saam met hulle op die sitkamervloer gesit. Daar het hy tussen ons stukkende besittings sy groot Soendanese Bybel gevind. Hy het dit oopgemaak en vir ons bure gesê dat hierdie probleme voorspel is. Daarna het hy die vreugdevolle Koninkrykshoop aan hulle verduidelik.

Dit was nooit vir my pa belangrik om aardse skatte op te gaar nie. Hy het ons dikwels herinner: “Geestelike dinge moet eerste kom!” Danksy sy ywerige voorbeeld het sy vrou, sy ses kinders, sy 90-jarige pa en baie familielede en bure die waarheid aangeneem.