Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 1

Gebeure voor Jesus se bediening

“Hy sal groot wees.” – Lukas 1:32

Gebeure voor Jesus se bediening

IN HIERDIE GEDEELTE

HOOFSTUK 1

Twee boodskappe van God af

Die engel Gabriël het boodskappe oorgedra wat moeilik was om te glo.

HOOFSTUK 2

Jesus word voor sy geboorte vereer

Hoe het Elisabet sowel as haar ongebore kind Jesus vereer?

HOOFSTUK 3

Iemand word gebore om die weg voor te berei

Net toe Sagaria wonderdadig weer kan praat, het hy ’n belangrike profesie gegee.

HOOFSTUK 4

Maria – Swanger maar ongetroud

Maria sê vir Josef dat sy swanger is deur middel van die heilige gees en nie deur ’n ander man nie. Glo hy haar?

HOOFSTUK 5

Jesus se geboorte – Waar en wanneer?

Hoe weet ons dat Jesus nie op 25 Desember gebore is nie?

HOOFSTUK 6

Die kind wat belowe is

Wanneer Josef en Maria die baba Jesus na die tempel toe bring, profeteer twee bejaarde Israeliete oor Jesus se toekoms.

HOOFSTUK 7

Sterrevoorspellers besoek Jesus

Hoekom het die ster wat hulle in die Ooste gesien het, hulle eers na die wrede koning Herodes toe gevat, en nie na Jesus toe nie?

HOOFSTUK 8

Hulle vlug van ’n goddelose koning

Drie Bybelprofesieë oor die Messias word vroeg in Jesus se lewe vervul.

HOOFSTUK 9

Jesus word groot in Nasaret

Hoeveel broers en susters het Jesus gehad?

HOOFSTUK 10

Jesus se gesin gaan na Jerusalem

Josef en Maria is baie bekommerd wanneer hulle Jesus nie kan vind nie, maar hy is verbaas dat hulle nie geweet het waar om hom te soek nie.

HOOFSTUK 11

Johannes die Doper berei die weg voor

Wanneer party Fariseërs en Sadduseërs na Johannes toe kom, veroordeel hy hulle. Hoekom?