Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Om Jesus na te volg, moet jy . . .

Om Jesus na te volg, moet jy . . .

MEEGEVOEL HÊ

Jesus was ’n volmaakte man, en daarom het hy nie baie van die probleme en bekommernisse gehad wat ander mense gehad het nie. Maar hy het baie vir mense omgegee. Hy was bereid om uit sy pad uit vir mense te gaan, om baie meer te doen as wat nodig was. Ja, meegevoel het hom gemotiveer om ander te help. Kyk na voorbeelde hiervan in hoofstuk 32, 37, 57, 99.

MAKLIK WEES OM MEE TE PRAAT

Mense van alle ouderdomme – jonk en oud – het gevoel dat hulle na Jesus toe kon gaan omdat hy nie die indruk gegee het dat hy te besig of te belangrik is nie. Hulle kon sien dat Jesus persoonlik in hulle belangstel, en daarom het hulle gemaklik om hom gevoel. Om voorbeelde hiervan te sien, lees hoofstuk 25, 27, 95.

GEREELD BID

Jesus het gereeld uit die hart met sy Vader in gebed gepraat, wanneer hy alleen en saam met ware aanbidders was. Jesus het by baie geleenthede gebid, nie net wanneer hy geëet het nie. Hy het gebid om vir sy Vader dankie te sê, hom te loof en sy hulp te vra voordat hy belangrike besluite moes maak. Kyk na voorbeelde hiervan in hoofstuk 24, 34, 91, 122, 123.

ONSELFSUGTIG WEES

Soms wanneer Jesus rus nodig gehad het, het hy nie aan homself gedink nie, maar eerder gefokus op wat ander nodig het. Hy het nie ’n “ek eerste”-gesindheid gehad nie. Hy het ook hierin ’n goeie voorbeeld gestel wat ons kan navolg. Kyk mooi na die voorbeeld wat hy gestel het in hoofstuk 19, 41, 52.

ANDER VERGEWE

Jesus het nie net vir ander geleer om te vergewe nie, hy het ook die voorbeeld gestel in die manier waarop hy sy dissipels en ander behandel het. Dink na oor voorbeelde hiervan in hoofstuk 26, 40, 64, 85, 131.

YWERIG WEES

Daar was voorspel dat die meeste Jode sou weier om die Messias te aanvaar en dat sy vyande hom sou doodmaak. So Jesus kon so min as moontlik vir mense gedoen het. Maar hy het eerder ware aanbidding ywerig bevorder. Sy volgelinge kan sy voorbeeld van ywer navolg wanneer hulle te doen het met mense wat nie na hulle wil luister nie of selfs wanneer hulle teëgestaan word. Sien hoofstuk 16, 72, 103.

NEDERIG WEES

Jesus was op baie maniere beter as onvolmaakte mense, soos in kennis en wysheid. Omdat hy volmaak was, was sy fisiese en verstandelike vermoëns ongetwyfeld baie beter as enigiemand anders s’n. Maar hy het nog steeds ander nederig gedien. Jy sal lesse hieroor kry in hoofstuk 10, 62, 66, 94, 116.

GEDULDIG WEES

Jesus was geduldig met sy apostels en ander wanneer hulle nie sy voorbeeld nagevolg het of gedoen het wat hy gesê het nie. Hy het geduldig lesse herhaal wat hulle nodig gehad het om nader aan Jehovah te kom. Dink na oor voorbeelde van Jesus se geduld in hoofstuk 74, 98, 118, 135.