HOOFSTUK VYF
Die losprys—God se grootste geskenk
-
Wat is die losprys?
-
Hoe is dit voorsien?
-
Wat kan dit vir jou beteken?
-
Hoe kan jy wys dat jy dit waardeer?
1, 2. (a) Wanneer is ’n geskenk vir jou persoonlik van groot waarde? (b) Waarom kan daar gesê word dat die losprys die kosbaarste geskenk is wat jy ooit kon ontvang?
WAT is die grootste geskenk wat jy nog ooit gekry het? ’n Geskenk hoef nie duur te wees om kosbaar te wees nie. Die werklike waarde van ’n geskenk word immers nie net in terme van geld gemeet nie. ’n Geskenk is eerder vir jou persoonlik van groot waarde wanneer dit jou gelukkig maak of iets is wat jy werklik nodig het.
2 Van al die geskenke wat jy ooit kon hoop om te ontvang, is daar een wat kosbaarder is as al die ander. Dit is ’n geskenk van God aan die mensdom. Jehovah het ons baie dinge gegee, maar sy grootste geskenk aan ons is die losprysoffer van sy Seun, Jesus Christus (Matteus 20:28). Soos ons in hierdie hoofstuk sal sien, is die losprys die kosbaarste geskenk wat jy ooit kon ontvang, want dit kan vir jou ongekende geluk bring en aan jou voorsien wat jy die nodigste het. Die losprys is werklik die grootste blyk van Jehovah se liefde vir jou.
WAT IS DIE LOSPRYS?
3. Wat is die losprys, en wat moet ons verstaan om hierdie kosbare geskenk te kan waardeer?
3 Eenvoudig gestel, die losprys is Jehovah se manier om die mensdom van sonde en die dood te verlos, of te red (Efesiërs 1:7). Om die betekenis van hierdie Bybellering te verstaan, moet ons terugdink aan wat in die tuin van Eden gebeur het. Alleenlik as ons verstaan wat Adam verloor het toe hy gesondig het, kan ons verstaan waarom die losprys so ’n kosbare geskenk aan ons is.
4. Wat het volmaakte menselewe vir Adam beteken?
4 Toe Jehovah Adam geskep het, het Hy hom iets baie kosbaars gegee—volmaakte menselewe. Dink ’n bietjie wat dit vir Adam beteken het. Hy is met ’n volmaakte liggaam en verstand gemaak en sou nooit siek word, oud word of sterf nie. As ’n volmaakte mens het hy ’n spesiale verhouding met Jehovah gehad. Die Bybel sê dat Adam ’n “seun van God” was (Lukas 3:38). Adam het dus ’n hegte verhouding met Jehovah God geniet, soos dié van ’n seun met ’n liefdevolle vader. Jehovah het met sy aardse seun gekommunikeer en het vir Adam aangename werkstoewysings gegee en vir hom gesê wat hy van hom verwag.—Genesis 1:28-30; 2:16, 17.
5. Wat bedoel die Bybel wanneer dit sê dat Adam “na God se beeld” geskep is?
5 Adam is “na God se beeld” geskep (Genesis 1:27). Dit beteken nie dat Adam soos God gelyk het nie. Soos ons in Hoofstuk 1 van hierdie boek geleer het, is Jehovah ’n onsigbare gees (Johannes 4:24). Jehovah het dus nie ’n liggaam van vlees en bloed nie. Die feit dat Adam na God se beeld geskep is, het beteken dat hy geskep is met eienskappe soos dié van God, wat liefde, wysheid, geregtigheid en krag insluit. Adam was in nog ’n belangrike opsig soos sy Vader—hy het wilsvryheid gehad. Gevolglik was Adam nie soos ’n masjien wat net kan doen wat dit ontwerp of geprogrammeer is om te doen nie. Inteendeel, hy kon persoonlike besluite neem en tussen reg en verkeerd kies. As hy gekies het om aan God gehoorsaam te wees, sou hy vir ewig in die Paradys op aarde gelewe het.
6. Wat het Adam verloor toe hy aan God ongehoorsaam was, en watter uitwerking het dit op sy nageslag gehad?
6 Dit is dus duidelik dat Adam ’n baie hoë prys betaal het toe hy aan God ongehoorsaam was en tot die dood veroordeel is. Sy sonde het hom sy volmaakte menselewe en al die seëninge wat daarmee gepaardgaan, gekos (Genesis 3:17-19). Ongelukkig het Adam hierdie kosbare lewe nie net vir homself verloor nie, maar ook vir sy toekomstige nageslag. God se Woord sê: ‘Deur een mens [Adam] het die sonde in die wêreld ingekom en die dood deur die sonde, en die dood het só tot alle mense deurgedring omdat hulle almal gesondig het’ (Romeine 5:12). Ja, ons het almal sonde van Adam geërf. Daarom sê die Bybel dat hy homself en sy nageslag in slawerny aan sonde en die dood “verkoop” het (Romeine 7:14). Daar was geen hoop vir Adam en Eva nie, want hulle het moedswillig gekies om aan God ongehoorsaam te wees. Maar wat van hulle nageslag, wat ons insluit?
7, 8. Watter twee dinge is basies by ’n losprys betrokke?
7 Jehovah het die losprys voorsien, waardeur die mensdom gered kan word. Wat is ’n losprys? Daar is basies twee dinge by ’n losprys betrokke. Eerstens, ’n losprys is die prys wat betaal word om iets te bevry of terug te koop. Dit kan vergelyk word met die prys wat betaal word om ’n krygsgevangene te bevry. Tweedens, ’n losprys is die prys wat die koste van iets dek, of betaal. Dit is soortgelyk aan die prys wat betaal word om te vergoed vir die skade wat deur ’n besering veroorsaak is. As iemand byvoorbeeld ’n ongeluk veroorsaak, moet hy ’n bedrag betaal wat ten volle ooreenstem met, of gelyk is aan, die waarde van wat beskadig is.
8 Hoe sou dit moontlik wees om te vergoed vir die ontsaglike verlies wat Adam oor ons almal gebring het en om ons uit slawerny aan sonde en die dood te bevry? Kom ons kyk na die losprys wat Jehovah voorsien het en wat dit vir jou kan beteken.
HOE JEHOVAH DIE LOSPRYS VOORSIEN HET
9. Watter soort losprys was nodig?
9 Aangesien ’n volmaakte menselewe verloor is, kon dit deur geen onvolmaakte menselewe teruggekoop word nie (Psalm 49:7, 8). Wat nodig was, was ’n losprys van dieselfde waarde as wat verloor is. Dit is in ooreenstemming met die beginsel van volmaakte geregtigheid wat in God se Woord gevind word, wat sê: “Siel moet vir siel wees” (Deuteronomium 19:21). Wat sou dan die waarde dek van die volmaakte mensesiel, of lewe, wat Adam verloor het? Nog ’n volmaakte menselewe was die “ooreenstemmende losprys” wat nodig was.—1 Timoteus 2:6.
10. Hoe het Jehovah die losprys voorsien?
10 Hoe het Jehovah die losprys voorsien? Hy het een van sy volmaakte geesseuns na die aarde toe gestuur. Maar Jehovah het nie sommer enige geesskepsel gestuur nie. Hy het die een gestuur wat vir hom die dierbaarste was, sy enigverwekte Seun (1 Johannes 4:9, 10). Hierdie Seun het sy hemelse tuiste gewillig verlaat (Filippense 2:7). Soos ons in die vorige hoofstuk van hierdie boek geleer het, het Jehovah ’n wonderwerk gedoen toe hy die lewe van hierdie Seun na die baarmoeder van Maria oorgeplaas het. Deur middel van God se heilige gees is Jesus as ’n volmaakte mens gebore en was hy nie onder die straf van die sonde nie.—Lukas 1:35.
11. Hoe kon een mens ’n losprys vir miljoene wees?
11 Hoe kon een mens ’n losprys vir baie, trouens vir miljoene mense, wees? Wel, hoe het miljoene mense in die 1 Korintiërs 15:45). In sekere sin het Jesus Adam se plek ingeneem om ons te red. Deur in absolute gehoorsaamheid aan God sy volmaakte lewe op te offer, het Jesus die prys vir Adam se sonde betaal. Jesus het dus vir Adam se nageslag hoop gegee.—Romeine 5:19; 1 Korintiërs 15:21, 22.
eerste plek sondaars geword? Onthou dat Adam die kosbare besitting van volmaakte menselewe verloor het toe hy gesondig het. Gevolglik kon hy dit nie aan sy nageslag oordra nie. In die plek daarvan kon hy net sonde en die dood oordra. Jesus, wat in die Bybel “die laaste Adam” genoem word, het volmaakte menselewe gehad, en hy het nooit gesondig nie (12. Wat het Jesus se lyding bewys?
12 Die Bybel beskryf in besonderhede die lyding wat Jesus voor sy dood verduur het. Hy is wreed gegesel, is aan ’n paal genael en het ’n pynlike dood aan ’n folterpaal verduur (Johannes 19:1, 16-18, 30; Aanhangsel, bladsye 204-6). Waarom moes Jesus soveel ly? In ’n latere hoofstuk van hierdie boek sal ons sien dat Satan dit bevraagteken het of Jehovah enige menseknegte het wat te midde van beproewinge getrou sou bly. Deur getrou te bly ten spyte van groot lyding, het Jesus die beste moontlike antwoord op Satan se uitdaging voorsien. Jesus het bewys dat ’n volmaakte mens met wilsvryheid volmaakte onkreukbaarheid teenoor God kan handhaaf ongeag wat die Duiwel doen. Jehovah was beslis verheug oor die getrouheid van sy geliefde Seun!—Spreuke 27:11.
13. Hoe is die losprys betaal?
13 Hoe is die losprys betaal? Op die 14de dag van die Joodse maand Nisan in 33 G.J. het God toegelaat dat sy volmaakte en sondelose Seun tereggestel word. Jesus het dus sy volmaakte menselewe “eens en vir altyd” opgeoffer (Hebreërs 10:10). Op die derde dag ná Jesus se dood het Jehovah hom tot geeslewe opgewek. In die hemel het Jesus die waarde van sy volmaakte menselewe wat as ’n losprys in ruil vir Adam se nageslag opgeoffer is, vir God aangebied (Hebreërs 9:24). Jehovah het die waarde van Jesus se offerande aangeneem as die losprys wat nodig was om die mensdom uit slawerny aan sonde en die dood te verlos.—Romeine 3:23, 24.
WAT DIE LOSPRYS VIR JOU KAN BETEKEN
14, 15. Wat moet ons doen om “die vergifnis van ons sondes” te verkry?
14 Danksy die losprys kan ons, ondanks ons sondige toestand, kosbare seëninge geniet. Kom ons kyk na ’n paar van die voordele wat ons nou en in die toekoms kan geniet as gevolg van hierdie allergrootste geskenk van God.
15 Die vergifnis van sondes. As gevolg van oorgeërfde onvolmaaktheid is dit vir ons baie moeilik om te doen wat reg is. Almal van ons sondig in woord of in daad. Maar deur middel van Jesus se losprysoffer kan ons “die vergifnis van ons sondes” verkry (Kolossense 1:13, 14). Om hierdie vergifnis te verkry, moet ons egter werklik berouvol wees. Ons moet Jehovah ook nederig om vergifnis vra op grond van ons geloof in die losprysoffer van sy Seun.—1 Johannes 1:8, 9.
16. Wat stel ons in staat om God met ’n rein gewete te aanbid, en waarom is so ’n gewete kosbaar?
16 ’n Rein gewete voor God. ’n Skuldige gewete kan maklik tot hopeloosheid lei en ons nutteloos laat voel. Maar deur die vergifnis wat deur die losprys moontlik gemaak word, stel Jehovah ons liefdevol in staat om hom met ’n rein gewete te aanbid al is ons onvolmaak (Hebreërs 9:13, 14). Dit maak dit vir ons moontlik om vrymoedigheid van spraak teenoor Jehovah te hê. Daarom kan ons hom vryelik in gebed nader (Hebreërs 4:14-16). Dit bring gemoedsrus mee, bevorder selfrespek en dra tot geluk by as ons ’n rein gewete behou.
17. Watter seëninge word moontlik gemaak omdat Jesus vir ons gesterf het?
Romeine 6:23. Dieselfde vers sê verder: “Maar die gawe wat God gee, is die ewige lewe deur Christus Jesus, ons Here.” In Hoofstuk 3 van hierdie boek het ons die seëninge van die komende aardse Paradys bespreek (Openbaring 21:3, 4). Al daardie toekomstige seëninge, wat ewige lewe in volmaakte gesondheid insluit, is moontlik omdat Jesus vir ons gesterf het. Om daardie seëninge te ontvang, moet ons wys dat ons hierdie geskenk, die losprys, waardeer.
17 Die hoop op ewige lewe op ’n paradysaarde. “Die loon wat die sonde betaal, is die dood”, sêHOE KAN JY JOU WAARDERING TOON?
18. Waarom moet ons dankbaar teenoor Jehovah wees dat hy die losprys voorsien het?
18 Waarom moet ons baie dankbaar teenoor Jehovah wees vir die losprys? Wel, ’n geskenk is besonder waardevol as dit tyd, moeite of onkoste van die gewer geverg het. Ons hart word geroer wanneer ons besef dat ’n geskenk toon dat die gewer ons opreg liefhet. Die losprys is die allerkosbaarste geskenk, want God het die grootste opoffering van alle tye gemaak toe hy dit voorsien het. “God Johannes 3:16. Die losprys is die grootste blyk van Jehovah se liefde vir ons. Dit is ook ’n blyk van Jesus se liefde, want hy het sy lewe gewillig ten behoewe van ons opgeoffer (Johannes 15:13). Die gawe van die losprys behoort ons dus te oortuig dat Jehovah en sy Seun ons as individue liefhet.—Galasiërs 2:20.
het die wêreld so liefgehad dat hy sy enigverwekte Seun gegee het”, sê19, 20. Op watter maniere kan jy wys dat jy God se gawe van die losprys waardeer?
19 Maar hoe kan jy wys dat jy God se gawe van die losprys waardeer? Om mee te begin, leer meer van die Groot Gewer, Jehovah (Johannes 17:3). ’n Studie van die Bybel met behulp van hierdie publikasie sal jou help om dit te doen. Namate jou kennis van Jehovah toeneem, sal jou liefde vir hom inniger word. Daardie liefde sal jou beweeg om hom gelukkig te wil maak.—1 Johannes 5:3.
20 Beoefen geloof in Jesus se losprysoffer. Jesus het self gesê: “Hy wat geloof in die Seun beoefen, het die ewige lewe” (Johannes 3:36). Hoe kan ons geloof in Jesus beoefen? Sulke geloof word nie net deur woorde getoon nie. “Geloof sonder werke [is] dood”, sê Jakobus 2:26. Ja, ware geloof word bewys deur “werke”, dit wil sê deur ons dade. Een manier om te wys dat ons geloof in Jesus het, is deur ons bes te doen om hom na te volg, nie net in wat ons sê nie, maar ook in wat ons doen.—Johannes 13:15.
21, 22. (a) Waarom moet ons die jaarlikse viering van die Here se Aandmaal bywoon? (b) Wat sal in Hoofstukke 6 en 7 verduidelik word?
21 Woon die jaarlikse viering van die Here se Aandmaal by. Op die aand van 14 Nisan 33 G.J. het Jesus ’n spesiale viering ingestel wat die Bybel “die Here se aandmaal” noem (1 Korintiërs 11:20; Matteus 26:26-28). Hierdie viering word ook die Herdenking van Christus se dood genoem. Jesus het dit ingestel om sy apostels en alle ware Christene wat ná hulle sou kom, te help om in gedagte te hou dat hy deur middel van sy dood as ’n volmaakte mens sy siel, of lewe, as ’n losprys gegee het. Aangaande hierdie viering het Jesus beveel: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen” (Lukas 22:19). Wanneer ons die Gedenkmaal vier, laat dit ons dink aan die groot liefde wat Jehovah sowel as Jesus met betrekking tot die losprys aan die dag gelê het. Ons kan ons waardering vir die losprys toon deur teenwoordig te wees by die jaarlikse Herdenking van Jesus se dood. *
22 Jehovah se voorsiening van die losprys is inderdaad ’n geskenk van onskatbare waarde (2 Korintiërs 9:14, 15). Hierdie kosbare geskenk kan selfs dié wat gesterf het, bevoordeel. Hoofstukke 6 en 7 sal verduidelik hoe.
^ par. 21 Vir meer inligting oor die betekenis van die Here se Aandmaal, sien die Aanhangsel, bladsye 206-8.