Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 1

’n Goeie inleiding

’n Goeie inleiding

Handelinge 17:22

WAT JY MOET DOEN: Maak seker dat jou inleiding belangstelling wek, die onderwerp identifiseer en wys hoekom die onderwerp belangrik is vir diegene wat na jou luister.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Wek belangstelling. Kies ’n vraag, ’n stelling, ’n ondervinding of iets in die nuus waarin mense sal belangstel.

  • Identifiseer jou onderwerp. Jou inleiding moet jou gehoor help om te sien wat die onderwerp en doel van jou aanbieding is.

  • Wys hoekom die onderwerp belangrik is. Pas jou aanbieding aan volgens die behoeftes van diegene wat na jou luister. Hulle moet duidelik kan sien hoe die onderwerp hulle persoonlik kan help.