Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 11

Entoesiasme

Entoesiasme

Romeine 12:11

WAT JY MOET DOEN: Moedig jou gehoor aan en motiveer hulle deur met entoesiasme te praat.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Berei jou hart voor. Terwyl jy jou aanbieding voorberei, moet jy goed nadink oor die belangrikheid van jou boodskap. Jy moet jou inligting so goed leer ken dat jy uit die hart daaroor kan praat.

  • Dink aan diegene wat na jou luister. Dink na oor hoe die inligting wat jy vir ander gaan lees of leer, hulle sal help. Dink aan maniere hoe jy die inligting kan oordra sodat hulle meer waardering daarvoor sal hê.

  • Maak jou aanbieding interessant. Praat met entoesiasme. Gebruik natuurlike gebare en gesigsuitdrukkings om te wys hoe jy voel.