Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 13

Praktiese waarde duidelik gemaak

Praktiese waarde duidelik gemaak

Spreuke 3:21

WAT JY MOET DOEN: Help jou gehoor om te verstaan hoe die onderwerp hulle lewe raak, en wys hoe hulle kan toepas wat hulle leer.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Dink aan diegene wat na jou luister. Dink na oor hoekom hulle die inligting moet hoor en watter punte hulle veral sal help.

  • Wys regdeur jou aanbieding hoe die inligting toegepas kan word. Van die begin af moet elke persoon wat na jou luister, voel: ‘Dit is op my van toepassing.’ Terwyl jy elke hoofgedagte bespreek, moet jy wys hoe dit toegepas kan word. Wees spesifiek.