Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 14

Hoofpunte duidelik gemaak

Hoofpunte duidelik gemaak

Hebreërs 8:1

WAT JY MOET DOEN: Help jou gehoor om jou toespraak te volg, en maak dit duidelik hoe elke hoofpunt verband hou met die doel en tema van jou toespraak.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Jy moet ’n doel hê. Is die doel van jou toespraak om jou gehoor in te lig, te oortuig of aan te moedig? Ontwikkel dan jou toespraak met dit in gedagte. Maak seker dat al die hoofpunte jou help om jou doel te bereik.

  • Beklemtoon die tema van jou toespraak. Verwys regdeur jou toespraak na die tema deur sleutelwoorde van die tema te beklemtoon of deur sinonieme te gebruik.

  • Maak jou hoofpunte duidelik en hou dit eenvoudig. Kies net hoofpunte wat verband hou met jou tema en wat jy in die toegewese tyd goed kan verduidelik. Moenie te veel hoofpunte noem nie. Maak elke hoofpunt duidelik, pouseer tussenin en maak seker dat die hoofpunte maklik van die een punt na die ander vloei.