Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 18

Leersaam vir jou gehoor

Leersaam vir jou gehoor

1 Korintiërs 9:19-23

WAT JY MOET DOEN: Help jou gehoor om self oor die onderwerp te dink sodat hulle voel dat hulle iets geleer het wat hulle sal help.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Dink aan wat jou gehoor alreeds weet. In plaas daarvan om dinge te herhaal wat hulle al voorheen gehoor het, help hulle om met nuwe oë na die onderwerp te kyk.

  • Doen navorsing en dink daaroor na. Wanneer dit moontlik is, kan jy minder bekende feite of onlangse gebeure gebruik om hoofgedagtes te verduidelik. Maar maak seker dat hierdie feite by jou materiaal pas.

  • Wys hoe jou gehoor by jou boodskap kan baat vind. Verduidelik hoe skriftuurlike gedagtes jou gehoor in hulle daaglikse lewe kan help. Bespreek spesifieke situasies, gesindhede en optrede wat op jou gehoor van toepassing is.