Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 19

Probeer om die hart te bereik

Probeer om die hart te bereik

Spreuke 3:1

WAT JY MOET DOEN: Help diegene wat na jou luister om waardering te hê vir wat hulle leer en om daarop te reageer.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Help jou gehoor om selfondersoek te doen. Vra retoriese vrae om jou gehoor te help om hulle eie gevoelens te ondersoek.

  • Motiveer jou gehoor op ’n liefdevolle manier om hulle bes te doen. Moedig jou gehoor aan om na te dink oor hoekom hulle goeie werke doen. Help hulle om te besef dat liefde vir Jehovah, liefde vir ander en liefde vir Bybelleringe die rede moet wees hoekom hulle iets doen. Redeneer met jou gehoor; moenie vir hulle preek nie. In plaas daarvan om hulle skuldig te laat voel, moet hulle aan die einde van jou aanbieding aangemoedig voel en gemotiveerd wees om hulle bes te doen.

  • Vestig die aandag op Jehovah. Beklemtoon hoe leringe, beginsels en bevele in die Bybel God se eienskappe en sy liefde vir ons weerspieël. Help jou gehoor om altyd aan Jehovah se gevoelens te dink en om die begeerte te hê om sy hart bly te maak.