Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 2

Natuurlik maar respekvol

Natuurlik maar respekvol

2 Korintiërs 2:17

WAT JY MOET DOEN: Praat op ’n natuurlike manier en uit die hart. Dit sal wys hoe jy oor die onderwerp voel en oor diegene wat na jou luister.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Bid en berei goed voor. Bid en vra Jehovah om jou te help om nie op jouself te konsentreer nie, maar op jou boodskap. Hou die hoofpunte wat jy moet oordra goed in gedagte. Dra die gedagtes in jou eie woorde oor. Moenie alles net woord vir woord sê soos dit geskryf staan nie.

  • Praat uit die hart. Dink aan die rede hoekom diegene wat na jou luister die boodskap moet hoor. Fokus op hulle. Dan sal jou liggaamshouding, gebare en gesigsuitdrukkings wys dat jy vriendelik is en regtig in hulle belangstel.

  • Kyk na diegene met wie jy praat. Behou oogkontak as dit nie disrespekvol is nie. Wanneer jy ’n toespraak hou, is dit goed om na een persoon op ’n slag te kyk eerder as om oor die gehoor te kyk sonder om oogkontak te maak.