Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 20

’n Goeie slot

’n Goeie slot

Prediker 12:13, 14

WAT JY MOET DOEN: Terwyl jy jou aanbieding afsluit, moet jy jou gehoor motiveer om dit wat hulle geleer het te aanvaar en toe te pas.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Jou slot moet verband hou met jou onderwerp. Herhaal jou hoofpunte en tema of gebruik ander woorde om dit te beklemtoon.

  • Motiveer diegene wat na jou luister. Wys vir hulle wat hulle moet doen, en gee goeie redes hoekom hulle dit moet doen. Praat op ’n manier wat wys dat jy oortuig is van wat jy sê en dat dit belangrik is.

  • Hou jou slot eenvoudig en kort. Moenie hoofgedagtes bespreek wat jy nie gedurende jou toespraak genoem het nie. Gebruik so min woorde as moontlik om jou gehoor aan te spoor om op te tree.