Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 4

Tekste behoorlik ingelei

Tekste behoorlik ingelei

Matteus 22:41-45

WAT JY MOET DOEN: Voordat jy ’n teks lees, moet jy diegene wat na jou luister verstandelik voorberei.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Dink na oor hoekom jy die teks lees. Lei elke teks op so ’n manier in dat dit die aandag vestig op die hoofpunt wat jy wil beklemtoon.

  • Erken die Bybel as die hoogste gesag. Wanneer jy met mense praat wat in God glo, moet jy na die Bybel verwys as God se Woord. Op hierdie manier wys jy dat die Bybel die beste bron van wysheid is.

  • Help persone om in die teks belang te stel. Vra ’n vraag wat in die teks beantwoord sal word of noem ’n probleem en wys hoe die oplossing in die teks gevind kan word. Jy kan ook ’n beginsel noem en na ’n Bybelverslag verwys wat die beginsel verduidelik.