Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 6

Toepassing van tekste duidelik gemaak

Toepassing van tekste duidelik gemaak

Johannes 10:33-36

WAT JY MOET DOEN: Moenie net ’n teks lees en dan na die volgende punt oorgaan nie. Maak seker dat jou gehoor duidelik kan sien dat daar ’n verband is tussen die teks wat jy lees en die punt wat jy probeer maak.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Beklemtoon sleutelwoorde. Nadat jy ’n teks gelees het, moet jy die woorde wat direk met jou hoofpunt verband hou, beklemtoon. Jy kan dit doen deur hierdie woorde te herhaal. Of jy kan ’n vraag vra wat jou gehoor sal help om die sleutelwoorde te identifiseer.

  • Beklemtoon die punt. As jy ’n spesifieke rede gegee het hoekom jy die teks gaan lees, moet jy verduidelik hoe die sleutelwoorde in die teks verband hou met daardie rede.

  • Hou dit eenvoudig. Vermy details wat nie tot die hoofpunt bydra nie. Dink aan wat jou gehoor alreeds oor die onderwerp weet, en besluit dan hoeveel feite jy wil gebruik om jou gehoor te help om die punt goed te verstaan.