Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 7

Akkuraat en oortuigend

Akkuraat en oortuigend

Lukas 1:3

WAT JY MOET DOEN: Gebruik betroubare bronne wat jou gehoor sal help om tot die regte slotsom te kom.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Gebruik betroubare bronne. Baseer wat jy sê op God se Woord, en lees daaruit wanneer dit moontlik is. As jy verwys na ’n wetenskaplike feit, ’n nuusberig, ’n ondervinding of ander bronne wat die punt ondersteun, moet jy voor die tyd kyk of dit die nuutste inligting is en of dit betroubaar is.

  • Gebruik bronne op die regte manier. Wanneer jy tekste verduidelik, moet dit ooreenstem met die konteks daarvan, die hoofboodskap van die Bybel en die publikasies van “die getroue en verstandige slaaf” (Matt. 24:45). Gebruik sekulêre bronne op die regte manier deur nie die oorspronklike betekenis te verander of iets te sê wat die skrywer nie bedoel het nie.

  • Redeneer oor die bewyse. Nadat jy ’n teks gelees het of ’n bron aangehaal het, moet jy taktvolle vrae vra of ’n voorbeeld gebruik om diegene wat na jou luister te help om hulle eie gevolgtrekking te maak.