Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 8

Leersame illustrasies

Leersame illustrasies

Matteus 13:34, 35

WAT JY MOET DOEN: Maak jou onderrigting leersamer deur eenvoudige illustrasies te gebruik wat belangrike lesse leer en die hart van jou gehoor sal bereik.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Gebruik eenvoudige illustrasies. Jy kan, net soos Jesus, eenvoudige dinge gebruik om moeilike dinge te verduidelik. Vermy details wat dit moeilik sal maak om die illustrasie te verstaan. Maak seker dat die elemente van jou illustrasie regtig van toepassing is op die punt wat jy probeer maak. Dit sal keer dat die aandag van jou gehoor afgelei word deur details wat nie pas of sin maak nie.

  • Dink aan diegene wat na jou luister. Kies illustrasies oor dinge waarin hulle sal belangstel. Vermy illustrasies wat mense ongemaklik sal laat voel of aanstoot sal gee.

  • Fokus op die hoofpunt. Gebruik illustrasies wat jou hoofpunte en nie minder belangrike punte beklemtoon nie. Maak seker dat diegene wat na jou luister nie net die illustrasie onthou nie, maar ook die punt van die illustrasie.