Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

STUDIE 9

Gepaste gebruik van visuele hulpmiddele

Gepaste gebruik van visuele hulpmiddele

Genesis 15:5

WAT JY MOET DOEN: Gebruik visuele hulpmiddele om jou gehoor te help om belangrike punte beter te verstaan en te onthou.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Kies visuele hulpmiddele wat jou onderrigting leersamer maak. Gebruik prente, diagramme, kaarte, tydlyne of ander visuele hulpmiddele om belangrike punte te beklemtoon, nie minder belangrike punte nie. Help diegene wat na jou luister om nie net die visuele hulpmiddele te onthou nie, maar ook die les.

  • Maak seker dat diegene wat na jou luister die visuele hulpmiddel kan sien.