Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Brief van die Bestuursliggaam

’n Brief van die Bestuursliggaam

‘Julle behoort onderrigters te wees’ (Heb. 5:12). Dink net daaraan! Jehovah — die beste Onderrigter in die heelal — nooi ons om ander van hom te leer! Enige toewysing om die waarheid oor Jehovah aan ander te leer — of dit nou in die gesin, in die gemeente of in die veldbediening is — is ’n kosbare voorreg en ’n baie groot verantwoordelikheid. Wat kan ons hiermee help?

Die antwoord word gevind in die woorde wat die apostel Paulus aan Timoteus geskryf het: “Jy [moet] voortgaan om jou toe te lê op openbare voorlesing, op vermaning, op onderrigting.” Paulus het verder gesê: “Deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister” (1 Tim. 4:13, 16). Jy het ’n boodskap om te verkondig wat mense se lewe kan red. Daarom is dit baie belangrik dat jy hard daaraan werk om ’n beter leser en onderrigter te word. Hierdie brosjure is ontwerp om jou hiermee te help. Kyk na ’n paar van die brosjure se kenmerke:

’n Teksverwysing op elke bladsy wat of ’n Bybelbeginsel is wat met die studiepunt verband hou of ’n voorbeeld is van hoe die studiepunt toegepas word

Jehovah is die “Grootse Onderrigter” (Jes. 30:20). Hoewel hierdie brosjure jou sal help om ’n beter leser en onderrigter te word, moet jy nooit vergeet dat Jehovah die Bron van ons boodskap is en dat hy die een is wat mense trek nie (Joh. 6:44). Daarom moet jy gereeld bid vir heilige gees en God se Woord dikwels gebruik. Vestig die aandag op Jehovah, nooit op jouself nie. Probeer om ’n diep liefde vir Jehovah in die hart van elkeen wat na jou luister, op te bou.

Jy is genooi om die belangrikste boodskap wat nog ooit aan die mens gegee is, aan ander te leer. Ons is daarvan seker dat jy suksesvol sal wees solank as wat jy vertrou op “die krag wat God verskaf”. — 1 Pet. 4:11.

Julle mede-onderrigters

Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies