DEEL 4
Wat het gebeur toe hulle na Satan geluister het?
Adam en Eva het nie na God geluister nie, en daarom het hulle doodgegaan. Genesis 3:6, 23
Eva het na die slang geluister en van die vrug geëet. Daarna het sy vir Adam daarvan gegee, en hy het dit geëet.
Wat hulle gedoen het, was verkeerd. Dit was ’n sonde. God het hulle gedwing om die Paradys te verlaat.
Die lewe was swaar vir hulle en hulle kinders. Hulle het oud geword en doodgegaan. Hulle het nie hemel of hel toe gegaan nie. Hulle het net ophou bestaan.
Genesis 3:19
Die dooies is soos stof, hulle lewe nie.Ons gaan dood omdat ons almal van Adam en Eva afkom. Die dooies kan nie sien of hoor of enigiets doen nie. – Prediker 9:5, 10.
Jehovah wou nie hê dat mense moes doodgaan nie. Binnekort sal hy die dooies weer lewendig maak. As hulle na hom luister, sal hulle vir ewig lewe.