Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 8

Wat beteken Jesus se dood vir jou?

Wat beteken Jesus se dood vir jou?

Jesus het gesterf sodat ons kan lewe. Johannes 3:16

Drie dae ná Jesus se dood het ’n paar vroue sy graf besoek. Dit was leeg. Jehovah het Jesus weer laat lewe.

Jesus het later aan sy apostels verskyn.

Jehovah het Jesus weer lewend gemaak, en hy is nou ’n magtige geespersoon wat nie kan sterf nie. Jesus se dissipels het gesien hoe hy na die hemel toe teruggaan.

God het Jesus weer lewend gemaak en hom Koning van God se Koninkryk gemaak. Daniël 7:13, 14

Jesus het sy lewe gegee om ’n losprys vir die mens te betaal (Matteus 20:28). Deur middel van daardie losprys maak God dit vir ons moontlik om vir ewig te lewe.

Jehovah het Jesus Koning in die hemel gemaak. Jesus gaan oor die aarde regeer saam met 144 000 getroue mense. Hulle gaan ook hemel toe. Saam met Jesus vorm die 144 000 ’n regverdige regering in die hemel. Dit word God se Koninkryk genoem. – Openbaring 14:1-3.

God se Koninkryk sal die aarde ’n paradys maak. Oorlog, misdaad, armoede en honger sal nie meer daar wees nie. Mense sal regtig gelukkig wees. – Psalm 145:16.