DEEL 13
Hoe kan ons God bly maak?
Bly weg van wat sleg is. 1 Korintiërs 6:9, 10
As ons Jehovah liefhet, sal ons nie dinge doen wat hy haat nie.
Jehovah wil nie hê dat ons moet steel, dronk word, dwelms gebruik of rook nie.
God haat moord, aborsie en homoseksualiteit. Hy wil nie hê dat ons gierig moet wees of met ander moet baklei nie.
Ons moenie afgode aanbid nie. Ons moet ook nie spiritisme beoefen of met demone kommunikeer nie.
Daar sal nie slegte mense in die Paradys op aarde toegelaat word nie.
Matteus 7:12
Doen wat goed is.Om God bly te maak, moet ons probeer om soos hy te wees.
Wys dat jy vir ander lief is deur liefdevol en vrygewig te wees.
Wees eerlik.
Vergewe ander en moenie kwaad bly nie.
Vertel ander van Jehovah. – Jesaja 43:10.