Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 14

Hoe kan jy wys dat jy lojaal is aan Jehovah?

Hoe kan jy wys dat jy lojaal is aan Jehovah?

Kies God se kant. 1 Petrus 5:6-9

Moenie dinge doen wat die Bybel sê verkeerd is nie. Jy moet dapper wees om dit reg te kry.

Moenie enigiets te doen hê met die politiek nie, want hulle ondersteun nie Jehovah en sy Koninkryk nie.

Maak die regte keuse – luister na God. Matteus 7:24, 25

Gaan na die vergaderinge van Jehovah se Getuies. Hulle sal jou help om nader aan God te kom.

Hou aan om oor God te leer en probeer doen wat hy sê.

Wanneer jou geloof sterk geword het, moet jy jou toewy aan Jehovah deur te belowe dat jy altyd sal doen wat hy sê. En dan moet jy gedoop word. – Matteus 28:19.

Luister na God. Lees die Bybel, en vra Jehovah se Getuies om jou te help om dit te verstaan. Jy moet doen wat jy geleer het, en dan sal jy vir ewig lewe. – Psalm 37:29.