Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 2

Hy het ander “geleer en die goeie nuus . . . verkondig”

Hy het ander “geleer en die goeie nuus . . . verkondig”

Timmerman. Wonderwerker. Geneser. Jesus was dit alles en nog meer. Maar mense het nie sulke woorde gebruik wanneer hulle hom aangespreek het nie. Hulle het hom Leermeester genoem. Ja, sy lewenswerk was om ander te ‘leer en die goeie nuus te verkondig’ (Matteus 4:23). As volgelinge van Jesus het ons dieselfde werk om te doen. In hierdie deel sal ons sy voorbeeld bestudeer, wat ons wys hoe om hierdie werk te doen.