Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL TWEE

“[Julle het] my heiligdom onrein gemaak” – Rein aanbidding word besoedel

“[Julle het] my heiligdom onrein gemaak” – Rein aanbidding word besoedel

ESEGIËL 5:11

HOOFPUNT: Juda en Jerusalem word geestelik en sedelik besoedel

Jehovah was lief vir die Israeliete en het vir hulle gesorg omdat hulle sy “kosbare besitting” was (Eks. 19:5, vtn.). Maar hulle het dit nie waardeer nie en het valse gode aanbid in die tempel wat sy naam gedra het! Hulle het Jehovah se hart gebreek en hom in die skande gesteek. Hoekom het Israel so sleg geword? Wat kan ons leer uit Esegiël se profesie oor Jerusalem se vernietiging? En watter lesse kan ons leer uit Israel se assosiasie met die nasies om hulle?

IN HIERDIE GEDEELTE

HOOFSTUK 5

“Sien watter slegte, afskuwelike dinge hulle . . . doen”

Esegiël sien 4 skokkende tonele wat wys in watter slegte geestelike toestand die hele nasie is.

HOOFSTUK 6

“Die einde het nou vir [julle] aangebreek”

Esegiël se profetiese uitbeeldings voorspel hoe Jehovah teen Jerusalem sou optree.

HOOFSTUK 7

Die nasies “sal moet weet dat ek Jehovah is”

Die nasies wat Jehovah se naam deur die modder gesleep het en sy volk vervolg en mislei het, sou die gevolge van hulle dade dra. Watter lesse kan ons leer uit Israel se assosiasie met daardie nasies?