Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL DRIE

“Ek [sal] julle bymekaarmaak” – Die belofte dat rein aanbidding herstel sal word

“Ek [sal] julle bymekaarmaak” – Die belofte dat rein aanbidding herstel sal word

ESEGIËL 20:41

HOOFPUNT: Esegiël se profesieë oor die herstelling van rein aanbidding

Israel is in ’n baie slegte geestelike toestand. As gevolg van afvalligheid is daar nie meer eenheid nie. Die Israeliete dra die gevolge van hulle dade. Hulle het rein aanbidding besoedel en God se naam deur die modder gesleep. Maar in hierdie moeilike tyd laat Jehovah Esegiël ’n reeks profesieë vertel wat hoop gee. Deur middel van treffende illustrasies en indrukwekkende visioene moedig Jehovah nie net die Israeliete aan wat in gevangenskap is nie, maar ook almal wat graag wil hê dat rein aanbidding herstel moet word.

IN HIERDIE GEDEELTE

HOOFSTUK 8

“Ek sal een herder . . . aanstel”

God inspireer Esegiël om te profeteer oor die Messias, die toekomstige Heerser en Herder van Jehovah se volk, wat rein aanbidding permanent sal herstel.

HOOFSTUK 9

“Ek sal hulle ’n verenigde hart gee”

Is die profesieë wat vir die lojale Joodse gevangenes gegee is, vandag vir ons belangrik?

HOOFSTUK 10

“Julle sal lewend word”

Esegiël sien ’n visioen van ’n vallei vol droë beendere wat lewend word. Wat beteken dit?

HOOFSTUK 11

“Ek het jou as ’n wag . . . aangestel”

Wat is die rol en verantwoordelikheid van hierdie wagte? Watter boodskap maak hulle bekend?

HOOFSTUK 12

“Ek sal hulle een nasie . . . maak”

Jehovah belowe om sy volk te verenig.

HOOFSTUK 13

“Beskryf die tempel”

Wat beteken die tempel wat Esegiël in ’n visioen gesien het?

HOOFSTUK 14

“Dít is die wet van die tempel”

Watter praktiese lesse het die Joodse gevangenes heel moontlik uit Esegiël se visioen geleer? Wat leer die visioen ons oor rein aanbidding vandag?