Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 7B

Belangrike uitdrukkings in die boek Esegiël

Belangrike uitdrukkings in die boek Esegiël

“Mensekind”

MEER AS 90 KEER

Daar word meer as 90 keer na Esegiël verwys as “mensekind” (Eseg. 2:1). Op hierdie manier herinner Jehovah hom dat hy maar net ’n mens is, al het hy belangrike voorregte gekry. Dit is interessant dat Jesus in die Evangelieverslae ongeveer 80 keer “Seun van die mens” genoem word. Dit wys dat hy ’n regte mens geword het en nie net ’n engel in ’n mens se liggaam was nie. – Matt. 8:20.

“. . . sal moet weet dat ek Jehovah is”

MEER AS 50 KEER

Esegiël het God se woorde dat mense “sal moet weet dat ek Jehovah is” meer as 50 keer neergeskryf. Dit beklemtoon dat Jehovah die enigste een is wat rein aanbidding verdien. – Eseg. 6:7.

“Soewereine Heer Jehovah”

217 KEER

Die uitdrukking “Soewereine Heer Jehovah” verskyn 217 keer. Dit beklemtoon hoe belangrik God se naam is en dat Jehovah gesag het oor die hele skepping. – Eseg. 2:4.