Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 2B

Esegiël se lewe

Esegiël se lewe

Esegiël beteken “God versterk”. Al bevat sy profesieë baie waarskuwings, pas die boodskap daarin by die betekenis van sy naam, en dit versterk die geloof van dié wat God op ’n rein manier wil aanbid.

PROFETE VAN ESEGIËL SE TYD

  • JEREMIA

    het uit ’n priesterlike gesin gekom en het meestal in Jerusalem gedien (647-580 VHJ)

  • HULDA

    was ’n profetes toe die Wetboek omtrent 642 VHJ in die tempel gevind is

  • DANIËL

    was deel van die koninklike stam van Juda en is in 617 VHJ na Babilon geneem

  • HABAKUK

    was heel moontlik vroeg in Jojakim se heerskappy ’n profeet in Juda

  • OBADJA

    het teen Edom geprofeteer, heel moontlik om en by die tyd toe Jerusalem vernietig is

WANNEER HET HULLE GEPROFETEER? (ALLE DATUMS IS VHJ)

BELANGRIKE DINGE WAT IN ESEGIËL SE TYD GEBEUR HET (ALLE DATUMS IS VHJ)

  1. Omtrent 643: Gebore

  2. 617: Gevange geneem na Babilon

  3. 613: Begin profeteer. Sien visioen wat van Jehovah af kom

  4. 612: Sien visioen van afvalligheid by die tempel

  5. 611: Begin om Jerusalem te veroordeel

  6. 609: Vrou sterf, en die finale beleëring van Jerusalem begin

  7. 607: Hoor dat Jerusalem vernietig is

  8. 593: Sien visioen van die tempel

  9. 591: Voorspel dat Nebukadnesar Egipte sal aanval, en hy voltooi sy boek

KONINGS VAN JUDA EN BABILON

  1. 659-629: Josia bevorder rein aanbidding, maar sterf in ’n geveg teen farao Nego

  2. 628: Die slegte Joahas regeer drie maande lank en word deur farao Nego gevange geneem

  3. 628-618: Jojakim is ’n slegte koning, en farao Nego stel hom aan as ’n ondergeskikte koning

  4. 625: Nebukadnesar oorwin die Egiptiese leërmag

  5. 620: Nebukadnesar val Juda vir die eerste keer aan en stel Jojakim aan as ’n ondergeskikte koning in Jerusalem

  6. 618: Jojakim rebelleer teen Nebukadnesar, maar sterf moontlik toe die Babiloniërs die Beloofde Land vir die tweede keer aanval

  7. 617: Die slegte koning Jojagin, ook bekend as Jegonja, regeer drie maande lank en gee hom dan oor aan Nebukadnesar

  8. 617-607: Sedekia, ’n slegte, lafhartige koning word deur Nebukadnesar as ’n ondergeskikte koning aangestel

  9. 609: Sedekia rebelleer teen Nebukadnesar, wat Juda toe vir ’n derde keer aanval

  10. 607: Nebukadnesar vernietig Jerusalem, neem Sedekia gevange, maak hom blind en neem hom na Babilon