Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 4A

“Ek [het] die lewende wesens dopgehou”

“Ek [het] die lewende wesens dopgehou”

Esegiël het beslis al massiewe beelde van bulle en leeus met vlerke en mensekoppe gesien wat as wagte voor paleise en tempels gestaan het. Sulke beelde kon dwarsdeur eertydse Assirië en Babilonië gevind word. Soos almal wat hierdie beelde gesien het, het hy seker ook vol verwondering daarna gestaar. Party van hierdie beelde was amper 6 meter hoog. Al het hierdie beelde baie magtig gelyk, was hulle leweloos, uit klip gekap.

Maar die vier wesens wat Esegiël in ’n visioen gesien het, was “lewende wesens”. Wat ’n groot verskil! Dit het so ’n groot impak op Esegiël gemaak dat hy die woorde “lewende wesens” 11 keer in die inleiding van sy profesie gebruik het (Eseg. 1:5-22). Die visioen van die vier lewende wesens onder God se troon wat op dieselfde tyd in dieselfde rigting beweeg, het Esegiël heel moontlik heeltemal oortuig dat Jehovah ten volle in beheer is van die hele skepping. Vandag help dieselfde visioen ons om te waardeer hoe groot en magtig Jehovah is en hoe wonderlik sy soewereiniteit is. – 1 Kron. 29:11.