Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 19B

’n Straaltjie water word ’n rivier!

’n Straaltjie water word ’n rivier!

Esegiël sien ’n straaltjie water wat uit Jehovah se heiligdom vloei en wat oor ’n afstand van net meer as twee kilometer ’n diep rivier word! Langs die rivieroewers sien hy pragtige bome vir voedsel en genesing. Wat beteken dit alles?

Die rivier bring seëninge

IN DIE OU TYD: Toe die gevangenes weer terug in hulle tuisland was, het hulle seëninge ontvang toe hulle gehelp het om rein aanbidding by die tempel te herstel

IN ONS TYD: Rein aanbidding was in 1919 herstel, en dit het dit moontlik gemaak dat God se aanbidders geestelike seëninge ontvang soos nog nooit tevore nie

IN DIE TOEKOMS: Ná Armageddon sal Jehovah ons op baie maniere seën – hy sal ons help om volmaak te word, en hy sal ons nuwe waarhede leer

Water wat lewe gee

IN DIE OU TYD: Selfs toe Jehovah se gehoorsame volk al hoe meer geword het, het hy hulle ryklik geseën, en as gevolg daarvan kon hulle hom op ’n rein manier aanbid

IN ONS TYD: In die geestelike paradys vind al hoe meer mense nog steeds baat by Bybelwaarhede. Hulle het Jehovah leer ken en aanbid hom nou saam met sy ander aanbidders op ’n rein manier

IN DIE TOEKOMS: Ná Armageddon sal miljoene mense wat opgewek is, aansluit by dié wat Armageddon oorleef het, en hulle almal sal Jehovah se seëninge geniet

Bome vir voedsel en genesing

IN DIE OU TYD: Jehovah het sy volk geestelike waarhede geleer en dit vir hulle moontlik gemaak om hom in hulle herstelde land op ’n rein manier te aanbid. Hy het hulle ook gehelp om afgodediens of enige iets wat met valse godsdiens te doen het, te verwerp

IN ONS TYD: Die baie verduidelikings van Bybelwaarhede help God se volk om lojaal aan hom te bly, om ernstige sonde te vermy en om die negatiewe gesindhede van mense in die wêreld te verwerp

IN DIE TOEKOMS: Jesus en die 144 000 sal alle gehoorsame mense help om volmaak te word en om vir ewig gesond en vol energie te wees!