Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 16B

Sug en steun, maak ’n merk, slaan stukkend – Wanneer en hoe?

Sug en steun, maak ’n merk, slaan stukkend – Wanneer en hoe?

Die visioen in Esegiël hoofstuk 9 het ’n vervulling in ons dag. As ons verstaan wat gaan gebeur, kan dit ons help om nie bang te wees wanneer die einde van hierdie wêreld kom nie

“Sug en steun”

WANNEER: Gedurende die laaste dae, voor die groot verdrukking

HOE: Opregte mense wys deur hulle woorde en dade dat hulle die goddeloosheid van hierdie wêreld haat. Hulle reageer positief op die predikingswerk, hou aan om die Christelike persoonlikheid aan te trek, word gedoop om te wys dat hulle aan Jehovah toegewy is en ondersteun Christus se broers lojaal

“Maak ’n merk”

WANNEER: Gedurende die groot verdrukking

HOE: Die man met die sekretaris se inkhoring stel Jesus Christus voor wanneer hy kom as Regter van al die nasies. Die groot menigte sal as skape geoordeel, of gemerk, word, en dit sal wys dat hulle Armageddon sal oorleef

‘Slaan stukkend’

WANNEER: By Armageddon

HOE: Jesus Christus en sy hemelse leërmag, dit wil sê die engele en die 144 000, sal hierdie goddelose wêreld heeltemal vernietig en rein aanbidders na ’n regverdige nuwe wêreld lei