Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONDERRIGTINGSVENSTER 20A

Die verdeling van die land

Die verdeling van die land

Die beskrywing van die grense wat presies afgemeet was, het die gevangenes verseker dat hulle kosbare land beslis herstel sou word. Watter lesse kan ons vandag uit hierdie visioen leer? Kom ons kyk na twee aspekte van die visioen:

’n Plek en ’n waardevolle werk

Elke gevangene wat teruggegaan het, sou ’n erfdeel in die herstelde Beloofde Land hê. Net so het alle aanbidders van Jehovah ’n plek in die geestelike paradys. Maak nie saak hoe klein ons rol in die organisasie is nie, ons kan daarvan seker wees dat ons ’n plek en ’n waardevolle werk in die geestelike land het. Al Jehovah se aanbidders is vir hom ewe kosbaar.

Gelyke dele

In Esegiël se visioen het elke gebied in die herstelde Beloofde Land vir die mense wat daar gewoon het, gelyke toegang gegee tot die oorvloed van die land. Net so het Jehovah ook vandag vir al sy knegte gelyke toegang tot die seëninge van die geestelike paradys gegee.