Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

AANHANGSEL B

Moet jy die gesprek beëindig?

Moet jy die gesprek beëindig?

Wanneer iemand opreg is maar nie met ons saamstem nie of vir ons vra om iets te verduidelik, sal ons met graagte verder met die persoon gesels. Ons wil met mense praat wat dalk “die regte gesindheid vir die ewige lewe” het. – Hand. 13:48.

Maar wat as die persoon kwaad is, met ons wil stry of nie nou met ons wil praat nie? Beëindig die gesprek op ’n kalm en taktvolle manier (Spr. 17:14). Probeer om respekvol en vriendelik te wees sodat die persoon dalk bereid sal wees om in die toekoms met ons te praat. – 1 Pet. 2:12.