Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

BEGIN ’N GESPREK

LES 4

Nederigheid

Nederigheid

Beginsel: “Wees nederig en beskou ander as hoër as julleself.” – Fil. 2:3.

Wat Paulus gedoen het

1. Kyk na die VIDEO, of lees Handelinge 26:​2, 3. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1.    Hoe het Paulus gewys dat hy nederig is toe hy met koning Agrippa gepraat het?

  2.   Hoe het Paulus die aandag gevestig op Jehovah en die Skrif eerder as op homself? – Sien Handelinge 26:22.

Wat leer ons by Paulus?

2. Daar is ’n groter kans dat mense na ons boodskap sal luister as ons op ’n nederige en respekvolle manier praat.

Volg Paulus na

3. Praat op ’n respekvolle manier. Moenie die indruk gee dat jy alles weet en dat die ander persoon niks weet nie.

4. Maak dit duidelik dat wat jy ander leer, uit die Bybel kom. God se Woord bevat gedagtes wat mense se harte raak. Wanneer ons dit gebruik, bou ons hulle geloof op die regte fondasie.

5. Bly vriendelik en kalm. Moenie die heeltyd probeer om te bewys dat jy reg is nie. Ons wil nie stry nie. Wys dat jy nederig is deur kalm te bly en te weet wanneer om die gesprek te beëindig (Spr. 17:14; Tit. 3:2). As jy op ’n vriendelike en kalm manier praat, sal die persoon dalk op ’n volgende keer na ons boodskap luister.