Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?

Daar is slegs twee soorte godsdiens: een wat na die lewe lei en een wat na vernietiging lei. Hierdie publikasie kan jou help om die weg te vind wat na die ewige lewe lei.

Inleiding

Ons lewe, nou en in die toekoms, hang van God die Almagtige af. Daarom is dit baie belangrik dat ons aanbidding vir hom aanneemlik moet wees!

DEEL 1

Leer alle godsdienste die waarheid?

Godsdienstige persone glo verskillende dinge. Kan dit alles op waarheid gebaseer wees?

DEEL 2

Hoe kan jy die waarheid omtrent God leer?

Hoe kan mense bepaal wat godsdienswaarheid is?

DEEL 3

Wie lewe in die geesteryk?

Tradisionele godsdiensopvattings oor die geeste het ’n kragtige invloed. Maar is sulke opvattings waar? Die Bybel vertel ons die waarheid.

DEEL 4

Waar is ons voorouers?

Baie mense glo dat die dood nie die einde van die lewe is nie, maar bloot ’n oorgang is. Wat sê die Bybel hieroor?

DEEL 5

Die waarheid omtrent die toorkuns en heksery

Geeste is kragtig en gevaarlik, maar ons moenie hulle krag oorskat nie.

DEEL 6

Keur God alle godsdienste goed?

Party mense dink dat alle godsdienste God behaag. Is dit wat die Bybel werklik leer?

DEEL 7

Wie beoefen die ware godsdiens?

Die Bybel kan jou help om diegene te identifiseer wat God se wil doen.

DEEL 8

Verwerp valse godsdiens; beoefen ware godsdiens

Jesus het gesê: “Hy wat nie aan my kant is nie, is teen my.” Hoe kan jy wys aan wie se kant jy is?

DEEL 9

Ware godsdiens kan jou vir ewig tot voordeel strek!

As jy Jehovah aanbid, sal hy jou nou en in die toekoms seën.