Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding

Inleiding

GOD DIE ALMAGTIGE is die Soewerein van die heelal. Ons lewe, nou en in die toekoms, hang van hom af. Hy het die krag om te beloon en die krag om te straf. Hy het die krag om lewe te gee en die krag om lewe te neem. As ons sy goedkeuring het, sal dit met ons goed gaan; as ons nie sy goedkeuring het nie, sal dit met ons sleg gaan. Hoe belangrik is dit tog dat ons aanbidding vir hom aanneemlik moet wees!

Mense aanbid op baie maniere. As godsdiens soos ’n pad is, kan ’n mens vra: Keur God alle godsdienspaaie goed? Nee. Jesus, God se profeet, het getoon dat daar net twee paaie is. Hy het gesê: “Breed en wyd is die pad wat na die vernietiging lei, en dié wat daardeur ingaan, is baie; maar nou is die poort en smal is die pad wat na die lewe lei, en dié wat dit vind, is min.”—Matteus 7:13, 14.

Daar is slegs twee soorte godsdiens: een wat na die lewe lei en een wat na vernietiging lei. Die doel van hierdie brosjure is om jou te help om die weg te vind wat na die ewige lewe lei.