1 Korintiërs 1:1-31

1  Paulus, deur God se wil geroep+ om ’n apostel+ van Jesus Christus te wees, en ons broer Sosʹtenes,+  aan die gemeente van God wat in Korinte+ is, aan julle wat in eenheid met Christus Jesus geheilig is,+ geroep om heiliges te wees,+ saam met almal wat oral die naam+ aanroep van ons Here, Jesus Christus, hulle Here en ons s’n:+  Mag julle onverdiende goedhartigheid+ en vrede+ hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.+  Ek dank God altyd vir julle met die oog op die onverdiende goedhartigheid+ van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is;+  dat julle in alles in hom verryk is,+ in die volle vermoë om te spreek en in volle kennis,+  net soos die getuienis aangaande die Christus+ onder julle bevestig is,  sodat julle in geen enkele gawe+ te kort kom nie, terwyl julle gretig op die openbaring+ van ons Here Jesus Christus wag.  Hy sal julle ook tot die einde toe standvastig maak,+ sodat julle vry van enige beskuldiging+ kan wees in die dag+ van ons Here Jesus Christus.+  God is getrou,+ deur wie julle tot deelgenootskap+ met sy Seun Jesus Christus, ons Here, geroep is. 10  Ek vermaan+ julle dan nou, broers, deur die naam+ van ons Here Jesus Christus, dat julle almal eenstemmig+ moet praat en dat daar nie verdeeldhede+ onder julle moet wees nie, maar dat julle paslik verenig kan wees in dieselfde denke en in dieselfde gedagtegang.+ 11  Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë oor julle onthul,+ my broers, dat daar onenighede onder julle bestaan. 12  Wat ek bedoel, is dat elkeen van julle sê: “Ek behoort aan Paulus”, “Maar ek aan Apolʹlos”,+ “Maar ek aan Sefas”, “Maar ek aan Christus”. 13  Die Christus bestaan verdeeld.+ Paulus is tog nie vir julle aan die paal gehang nie, of hoe? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?+ 14  Ek is dankbaar dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Krispus+ en Gajus,+ 15  sodat niemand kan sê dat julle in my naam gedoop is nie. 16  Ja, ek het ook die huis van Steʹfanas+ gedoop. Wat die res betref, weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie. 17  Want Christus het my gestuur,+ nie om te doop nie, maar om die goeie nuus bekend te maak, nie met wysheid van woorde nie,+ sodat die folterpaal van die Christus nie nutteloos gemaak sou word nie. 18  Want die woord oor die folterpaal is dwaasheid+ vir dié wat vergaan,+ maar vir ons wat gered word,+ is dit God se krag.+ 19  Want daar staan geskrywe: “Ek sal die wysheid van die wyse mense laat vergaan,+ en die intelligensie van die intellektuele mense+ sal ek opsy stoot.”+ 20  Waar is die wyse? Waar die skrifgeleerde?+ Waar die debatteerder+ van hierdie stelsel van dinge?+ Het God nie die wysheid van die wêreld dwaas gemaak nie?+ 21  Want aangesien, in die wysheid van God, die wêreld deur sy wysheid+ God nie leer ken het nie,+ het God dit goedgevind om deur die dwaasheid+ van wat gepreek word, dié te red wat glo. 22  Want die Jode vra tekens+ en die Grieke soek wysheid;+ 23  maar ons verkondig Christus wat aan die paal gehang is,+ vir die Jode ’n oorsaak van struikeling+ maar vir die nasies dwaasheid;+ 24  maar vir dié wat die geroepenes is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag+ van God en die wysheid+ van God. 25  Want iets dwaas van God is wyser as die mense, en iets swaks van God is sterker as die mense.+ 26  Want julle sien sy roeping van julle, broers, dat nie baie geroep is+ wat in vleeslike sin wys is nie,+ nie baie magtiges nie,+ nie baie van adellike geboorte nie; 27  maar God het die dwase dinge van die wêreld uitgekies,+ sodat hy die wyse mense kan beskaam; en God het die swak dinge van die wêreld uitgekies, sodat hy die sterk dinge kan beskaam;+ 28  en God het die onedele dinge van die wêreld uitgekies en die dinge waarop daar neergesien word, die dinge wat nie is nie,+ sodat hy die dinge wat is, tot niet kan maak,+ 29  sodat geen vlees voor die aangesig van God sou roem nie.+ 30  Maar dit is aan hom te danke dat julle in eenheid met Christus Jesus is, wat vir ons wysheid+ wat van God kom, geword het, ook regverdigheid+ en heiliging+ en bevryding deur ’n losprys;+ 31  sodat dit kan wees net soos daar geskrywe staan: “Hy wat roem, laat hom in Jehovah roem.”+

Voetnote