1 Korintiërs 10:1-33

10  Ek wil dan nou nie hê dat julle onkundig daaromtrent moet wees nie, broers, dat ons voorvaders almal onder die wolk was+ en almal deur die see getrek het+  en almal deur middel van die wolk en van die see in Moses+ gedoop is;  en almal het dieselfde geestelike voedsel geëet,+  en almal het dieselfde geestelike drank gedrink.+ Want hulle het uit die geestelike rots+ gedrink wat hulle gevolg het, en dié rots+ het die Christus beteken.+  Nietemin het God teenoor die meeste van hulle nie sy goedkeuring geopenbaar nie,+ want hulle is in die wildernis neergevel.+  En hierdie dinge het voorbeelde vir ons geword, dat ons nie mense moet wees wat skadelike dinge begeer,+ net soos hulle dit begeer het nie.  Moet ook nie, soos party van hulle, afgodedienaars word nie;+ net soos daar geskrywe staan: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om ’n aangename tyd te hê.”+  Laat ons ook nie hoerery beoefen, soos party van hulle hoerery gepleeg het nie,+ sodat hulle geval het, drie-en-twintigduisend van hulle op een dag.+  Laat ons Jehovah+ ook nie op die proef stel, soos party van hulle hom op die proef gestel het nie,+ sodat hulle deur die slange omgekom het.+ 10  Moet ook nie murmureerders wees, net soos party van hulle gemurmureer het nie,+ sodat hulle deur die vernietiger omgekom het.+ 11  En hierdie dinge het hulle as voorbeelde bly oorkom, en dit is opgeskryf as ’n waarskuwing+ vir ons op wie die eindes van die stelsels van dinge+ gekom het. 12  Daarom, wie dink dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.+ 13  Geen versoeking het oor julle gekom nie, behalwe wat eie is aan mense.+ Maar God is getrou,+ en hy sal nie toelaat dat julle versoek word bo wat julle kan verdra nie,+ maar saam met die versoeking sal hy ook die uitweg gee,+ sodat julle dit sal kan verduur. 14  Daarom, my geliefdes, vlug+ vir die afgodediens.+ 15  Ek praat soos met mense met onderskeidingsvermoë;+ oordeel self wat ek sê. 16  Die beker+ van seën wat ons seën, is dit nie deelgenootskap in die bloed van die Christus nie? Die brood wat ons breek,+ is dit nie deelgenootskap in die liggaam van die Christus nie?+ 17  Omdat daar een brood is, is ons, hoewel baie,+ een liggaam,+ want ons het almal deel aan daardie een brood.+ 18  KYK na wat in ’n vleeslike opsig Israel is:+ Is dié wat die offerandes eet, nie deelgenote met die altaar nie?+ 19  Wat moet ek dan sê? Dat ’n afgodsoffer iets is, of dat ’n afgod iets is?+ 20  Nee; maar ek sê dat die nasies die dinge wat hulle offer, aan demone offer+ en nie aan God nie; en ek wil nie hê dat julle deelgenote met die demone+ moet word nie. 21  Julle kan nie die beker van Jehovah+ en die beker van demone drink nie; julle kan nie deel hê aan “die tafel van Jehovah”+ en die tafel van demone nie. 22  Of “wek ons Jehovah tot jaloesie op”?+ Ons is tog nie sterker+ as hy nie, of hoe? 23  Alles is geoorloof, maar nie alles is voordelig nie.+ Alles is geoorloof,+ maar nie alles bou op nie.+ 24  Laat elkeen aanhou om, nie sy eie voordeel nie,+ maar dié van die ander persoon te soek.+ 25  Hou aan om alles te eet wat in ’n vleismark verkoop word+ sonder om navraag te doen, ter wille van julle gewete;+ 26  want “aan Jehovah+ behoort die aarde en alles wat dit vul”.+ 27  As enigeen van die ongelowiges julle nooi en julle wil gaan, eet dan alles wat julle voorgesit word+ sonder om navraag te doen, ter wille van julle gewete.+ 28  Maar as iemand vir julle sê: “Dit is iets wat as offerande gebring is”, moet dan nie eet nie, ter wille van die een wat dit onthul het en ter wille van die gewete.+ 29  Ek sê “gewete”, nie jou eie nie, maar dié van die ander persoon. Want waarom moet my vryheid deur ’n ander se gewete geoordeel word?+ 30  As ek iets met danksegging geniet, waarom moet ek dan gesmaad word oor dit waarvoor ek dank?+ 31  Daarom, hetsy julle eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot heerlikheid van God.+ 32  Sorg dat julle nie oorsake van struikeling+ vir Jode sowel as Grieke en vir die gemeente van God word nie, 33  net soos ek alle mense in alles behaag+ en nie my eie voordeel soek nie,+ maar dié van die meerderheid, sodat hulle gered kan word.+

Voetnote