1 Korintiërs 13:1-13

13  As ek in die tale+ van mense en van engele praat, maar geen liefde het nie, het ek ’n klinkende stuk geelkoper of ’n galmende simbaal+ geword.  En as ek die gawe van profesie+ het en met al die heilige geheime+ en alle kennis+ vertroud is, en as ek al die geloof het sodat ek berge kan versit,+ maar geen liefde het nie, is ek niks.+  En as ek al my besittings gee om ander te voed,+ en as ek my liggaam oorgee+ sodat ek kan roem, maar geen liefde het nie,+ baat dit my glad nie.  Die liefde+ is lankmoedig+ en goedhartig.+ Die liefde is nie jaloers nie,+ dit praat nie groot nie,+ raak nie opgeblase nie,+  gedra hom nie onwelvoeglik nie,+ soek nie sy eie belang nie,+ raak nie ergerlik nie.+ Dit hou nie boek van die kwaad nie.+  Dit is nie bly oor onregverdigheid nie,+ maar is bly saam met die waarheid.+  Dit verdra alles,+ glo alles,+ hoop alles,+ verduur alles.+  Die liefde faal nooit nie.+ Of daar nou gawes van profesie is—hulle sal weggedoen word; of daar nou tale is—hulle sal ophou; of daar nou kennis is—dit sal weggedoen word.+  Want ons het gedeeltelike kennis+ en ons profeteer gedeeltelik;+ 10  maar wanneer dit kom wat volkome is,+ sal dit wat gedeeltelik is, weggedoen word. 11  Toe ek ’n klein kindjie was, het ek soos ’n klein kindjie gepraat, soos ’n klein kindjie gedink, soos ’n klein kindjie geredeneer; maar noudat ek ’n man+ geword het, het ek die eienskappe van ’n klein kindjie afgelê. 12  Want nou sien ons deur middel van ’n metaalspieël in vae omtrekke,+ maar dan sal dit van aangesig tot aangesig wees.+ Nou ken ek gedeeltelik, maar dan sal ek ten volle ken net soos ek ten volle geken word.+ 13  Maar nou bly geloof, hoop, liefde, hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.+

Voetnote