1 Korintiërs 15:1-58

15  Broers, ek maak dan nou aan julle die goeie nuus+ bekend wat ek aan julle verkondig het,+ wat julle ook ontvang het, waarin julle ook staan,+  waardeur julle ook gered word,+ met die woorde waarmee ek die goeie nuus aan julle verkondig het, as julle daaraan vashou, tensy julle natuurlik verniet gelowiges geword het.+  Want een van die eerste dinge wat ek aan julle oorgedra het, is wat ek ook ontvang het,+ dat Christus vir ons sondes gesterf het, volgens die Skrif;+  en dat hy begrawe is,+ ja, dat hy op die derde dag+ opgewek is,+ volgens die Skrif;+  en dat hy aan Seʹfas verskyn het,+ toe aan die twaalf.+  Daarna het hy aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn, waarvan die meeste nou nog lewe,+ maar party ontslaap het.  Daarna het hy aan Jakobus+ verskyn, toe aan al die apostels;+  maar laaste van almal het hy ook aan my verskyn+ asof aan een wat te vroeg gebore is.  Want ek is die geringste+ van die apostels, en ek is nie werd om ’n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.+ 10  Maar deur God se onverdiende goedhartigheid+ is ek wat ek is. En sy onverdiende goedhartigheid teenoor my was nie tevergeefs nie,+ maar ek het meer as hulle almal gearbei,+ nogtans nie ek nie, maar die onverdiende goedhartigheid van God wat met my is.+ 11  Maar of dit nou ek of hulle is, só preek ons en só het julle geglo.+ 12  As daar dan nou van Christus verkondig word dat hy uit die dode opgewek is,+ hoe is dit dat party onder julle sê dat daar geen opstanding van die dooies is nie?+ 13  As daar werklik geen opstanding van die dooies is nie, is Christus ook nie opgewek nie.+ 14  Maar as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking beslis tevergeefs en is ons geloof tevergeefs.+ 15  Bowendien word ons dan valse getuies aangaande God bevind,+ omdat ons teen God getuig het+ dat hy die Christus opgewek het,+ wat hy egter nie opgewek het as die dooies werklik nie opgewek gaan word nie.+ 16  Want as die dooies nie opgewek gaan word nie, is Christus ook nie opgewek nie. 17  En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof nutteloos; julle is nog in julle sondes.+ 18  Trouens, ook dié wat in eenheid met Christus ontslaap het,+ het vergaan.+ 19  As ons net in hierdie lewe op Christus gehoop het,+ is ons die bejammerenswaardigste van alle mense. 20  Nou is Christus egter uit die dode opgewek,+ die eersteling+ van dié wat ontslaap het.+ 21  Want aangesien die dood+ deur ’n mens is, is die opstanding+ van die dooies ook deur ’n mens. 22  Want net soos almal in Adam sterf,+ só sal almal ook in die Christus lewend gemaak word.+ 23  Maar elkeen in sy eie rangorde: Christus, die eersteling,+ daarna dié wat aan die Christus behoort gedurende sy teenwoordigheid.+ 24  Daarna die einde, wanneer hy die koninkryk aan sy God en Vader oorgee, wanneer hy alle regering en alle gesag en mag tot niet gemaak het.+ 25  Want hy moet as koning heers totdat God alle vyande onder sy voete gestel het.+ 26  As die laaste vyand gaan die dood tot niet gemaak word.+ 27  Want God “het alles onder sy voete onderwerp”.+ Maar wanneer hy sê dat ‘alles onderwerp is’,+ is dit duidelik dat dit met uitsondering is van die een wat alles aan hom onderwerp het.+ 28  Maar wanneer alles aan hom onderwerp is,+ dan sal die Seun self hom ook onderwerp aan die Een+ wat alles aan hom onderwerp het, sodat God alles vir elkeen kan wees.+ 29  Anders, wat sal dié doen wat gedoop word met die doel om dooies te wees?+ As die dooies glad nie opgewek gaan word nie,+ waarom word hulle ook gedoop+ met die doel om sodaniges te wees? 30  Waarom is ons ook elke uur in gevaar?+ 31  Ek kom elke dag voor die dood te staan.+ Dit bevestig ek deur die vreugde+ oor julle, broers, wat ek in Christus Jesus, ons Here, het. 32  As ek, soos mense, in Eʹfese met wilde diere geveg het,+ wat baat dit my? As die dooies nie opgewek gaan word nie, “laat ons eet en drink, want môre gaan ons sterf”.+ 33  Moenie mislei word nie. Slegte omgang bederf nuttige gewoontes.+ 34  Ontwaak tot nugterheid+ op ’n regverdige wyse en moenie sonde beoefen nie, want party is sonder kennis van God.+ Ek spreek om julle tot skaamte te beweeg.+ 35  Nietemin sal iemand sê: “Hoe gaan die dooies opgewek word? Ja, met watter soort liggaam kom hulle?”+ 36  Jou onredelike mens! Wat jy saai, word nie lewend gemaak tensy dit eers sterf nie;+ 37  en met betrekking tot wat jy saai: jy saai nie die liggaam wat sal ontwikkel nie, maar ’n blote korrel,+ miskien koring of enigeen van die ander; 38  maar God gee dit ’n liggaam+ soos dit hom behaag het,+ en aan elkeen van die sade sy eie liggaam. 39  Nie alle vlees is dieselfde vlees nie, maar daar is dié van die mens, en daar is ’n ander vlees van vee en ’n ander vlees van voëls en ’n ander van visse.+ 40  En daar is hemelse+ liggame en aardse liggame;+ maar die heerlikheid+ van die hemelse liggame is een soort, en dié van die aardse liggame is ’n ander soort. 41  Die heerlikheid van die son+ is een soort, en die heerlikheid van die maan+ is ’n ander, en die heerlikheid van die sterre+ is ’n ander; trouens, die een ster verskil van die ander ster in heerlikheid. 42  So ook is die opstanding van die dooies.+ Dit word in verderflikheid gesaai, dit word in onverderflikheid opgewek.+ 43  Dit word in oneer gesaai,+ dit word in heerlikheid opgewek.+ Dit word in swakheid gesaai,+ dit word in krag opgewek.+ 44  Dit word as ’n fisiese liggaam gesaai,+ dit word as ’n geestelike liggaam opgewek.+ As daar ’n fisiese liggaam is, is daar ook ’n geestelike. 45  So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword.”+ Die laaste Adam het ’n lewegewende+ gees+ geword. 46  Nietemin is wat geestelik is nie eerste nie, maar wat fisies is, daarna wat geestelik is.+ 47  Die eerste mens is uit die aarde en is van stof gemaak;+ die tweede mens is uit die hemel.+ 48  Soos die een is wat van stof gemaak is,+ so is ook dié wat van stof gemaak is; en soos die hemelse+ is, so is ook dié wat hemels is.+ 49  En net soos ons die beeld+ gedra het van die een wat van stof gemaak is, sal ons ook die beeld+ van die hemelse dra. 50  Dít sê ek egter, broers, dat vlees en bloed God se koninkryk nie kan beërf nie,+ en ook beërf verderflikheid nie onverderflikheid nie.+ 51  Kyk! Ek vertel julle ’n heilige geheim: Ons sal nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,+ 52  in ’n oomblik, in ’n oogwink, gedurende die laaste trompet. Want die trompet+ sal weerklink, en die dooies sal onverderflik opgewek word, en ons sal verander word. 53  Want hierdie verderflike moet hom met onverderflikheid beklee,+ en hierdie sterflike+ moet hom met onsterflikheid beklee. 54  Maar wanneer hierdie verderflike hom met onverderflikheid beklee en hierdie sterflike hom met onsterflikheid beklee, dan sal die woord vervul word wat geskrywe staan: “Die dood+ is vir ewig verswelg.”+ 55  “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”+ 56  Die angel+ wat die dood veroorsaak, is die sonde, maar die krag tot die sonde is die Wet.+ 57  Maar aan God die dank, want hy gee ons die oorwinning deur ons Here Jesus Christus!+ 58  Daarom, my geliefde broers, word standvastig,+ onbeweeglik, terwyl julle altyd baie het om in die werk van die Here te doen,+ in die wete dat julle arbeid in verband met die Here nie tevergeefs is+ nie.

Voetnote