1 Korintiërs 3:1-23

3  En daarom, broers, kon ek nie met julle praat soos met geestelike mense nie,+ maar soos met vleeslike mense, soos met klein kindertjies+ in Christus.  Ek het julle met melk gevoed, nie met iets om te eet nie,+ want julle was nog nie sterk genoeg nie. Trouens, julle is ook nou nie sterk genoeg nie,+  want julle is nog vleeslik.+ Want is julle nie vleeslik en wandel julle nie soos mense,+ aangesien daar jaloesie en twis onder julle is nie?+  Want wanneer die een sê: “Ek behoort aan Paulus”, maar ’n ander een sê: “Ek aan Apolʹlos”,+ is julle dan nie bloot mense nie?  Wat is Apolʹlos dan?+ Ja, wat is Paulus? Bedienaars+ deur wie julle gelowiges geword het, net soos die Here aan elkeen gegee het.  Ek het geplant,+ Apolʹlos het natgegooi,+ maar God het dit deurentyd laat groei;+  sodat nie hy wat plant of hy wat natgooi, iets is nie,+ maar God wat dit laat groei.+  En hy wat plant en hy wat natgooi, is een,+ maar elkeen sal sy eie beloning volgens sy eie arbeid ontvang.+  Want ons is God se medewerkers.+ Julle is God se saailand wat bewerk word,+ God se gebou.+ 10  Ooreenkomstig die onverdiende goedhartigheid+ van God wat aan my gegee is, het ek as ’n wyse bestuurder van werke ’n fondament gelê,+ maar iemand anders bou daarop. Maar laat elkeen aanhou let op hoe hy daarop bou.+ 11  Want geen mens kan enige ander fondament lê+ as wat gelê is nie, dit is Jesus Christus.+ 12  As iemand dan nou op die fondament goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels bou— 13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit uitwys, omdat dit deur middel van vuur geopenbaar sal word;+ en die vuur sal aantoon hoedanig elkeen se werk is. 14  As iemand se werk wat hy daarop gebou het, bly staan,+ sal hy ’n beloning ontvang;+ 15  as iemand se werk verbrand word, sal hy verlies ly, maar hy self sal gered word;+ en tog, as dit gebeur, sal dit wees soos deur vuur heen.+ 16  Weet julle nie dat julle God se tempel+ is en dat die gees van God in julle woon nie?+ 17  As iemand die tempel van God vernietig, sal God hom vernietig;+ want die tempel van God is heilig,+ en julle is+ daardie tempel.+ 18  Laat niemand homself mislei nie: As iemand onder julle dink dat hy wys is+ in hierdie stelsel van dinge, laat hom ’n dwaas word, sodat hy wys kan word.+ 19  Want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God;+ want daar staan geskrywe: “Hy vang die wyses in hulle eie listigheid.”+ 20  En weer: “Jehovah weet dat die redenasies van die wyses vergeefs is.”+ 21  Laat niemand derhalwe op mense roem nie; want alles behoort aan julle,+ 22  of dit Paulus of Apolʹlos+ of Sefas of die wêreld of die lewe of die dood of teenswoordige dinge of toekomstige dinge+ is, alles behoort aan julle; 23  maar julle behoort aan Christus;+ en Christus behoort aan God.+

Voetnote