1 Korintiërs 4:1-21

4  Laat ’n mens ons dan as ondergeskiktes+ van Christus en bestuurders+ van heilige geheime+ van God beskou.  Verder, wat in hierdie geval van bestuurders+ verwag word, is dat ’n man getrou bevind word.+  Vir my is dit dan nou van baie min belang of ek deur julle of deur ’n menslike regbank ondersoek word.+ Ek ondersoek myself nie eens nie.  Want ek is nie bewus+ van enigiets teen my nie. Tog bewys dit nie dat ek regverdig is nie, maar hy wat my ondersoek, is Jehovah.+  Julle moet derhalwe niks voor die bestemde tyd oordeel nie,+ totdat die Here kom,+ wat die verborge dinge van die duisternis aan die lig sal bring+ sowel as die planne van die harte openbaar sal maak,+ en dan sal elkeen sy lof van God ontvang.+  Hierdie dinge, broers, het ek dan nou vir julle beswil in oordragtelike sin op my en Apolʹlos+ toegepas, sodat julle in ons geval die reël kan leer: “Moenie verder gaan as die dinge wat geskrywe staan nie”,+ sodat julle individueel nie opgeblase sal wees+ ten gunste van die een en teen die ander nie.+  Want wie maak jou anders+ as ’n ander? Ja, wat het jy wat jy nie ontvang het nie?+ As jy dit dan inderdaad ontvang het,+ waarom roem+ jy asof jy dit nie ontvang het nie?  Julle is dus reeds versadig? Julle is dus reeds ryk?+ Julle het dus sonder ons as konings begin heers?+ En ek wens inderdaad dat julle as konings begin heers het, sodat ons ook saam met julle as konings kon heers.+  Want dit lyk vir my of God ons, die apostels, laaste ten toon gestel het+ as mense wat vir die dood bestem is,+ want ons het ’n teaterskouspel+ geword vir die wêreld en vir engele+ en vir mense.+ 10  Ons is dwase+ weens Christus, maar julle is verstandig+ in Christus; ons is swak,+ maar julle is sterk;+ julle staan goed aangeskrewe,+ maar ons is in oneer.+ 11  Tot die huidige uur toe is ons steeds honger+ en ook dors+ en skraps geklee+ en word ons sleg behandel+ en is ons dakloos+ 12  en swoeg+ ons deur met ons eie hande te werk.+ Wanneer ons uitgeskel word, seën ons;+ wanneer ons vervolg word, hou ons uit;+ 13  wanneer ons beswadder word, smeek ons;+ ons het soos die skuim van die wêreld geword, die afskraapsel van alle dinge, tot nou toe.+ 14  Ek skryf hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar om julle ernstig te vermaan as my geliefde kinders.+ 15  Want al het julle ook tienduisend tugmeesters+ in Christus, het julle beslis nie baie vaders+ nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur middel van die goeie nuus.+ 16  Ek versoek julle dus dringend: Word navolgers van my.+ 17  Daarom stuur ek Timoʹteus na julle toe,+ aangesien hy my geliefde en getroue kind+ in die Here is; en hy sal julle herinner aan my metodes in verband met Christus Jesus,+ net soos ek oral in elke gemeente leer. 18  Party is opgeblase+ asof ek in werklikheid nie na julle toe kom nie. 19  Maar ek sal binnekort na julle toe kom, as Jehovah wil,+ en ek sal nie die woorde van dié wat opgeblase is, te wete kom nie, maar hulle krag. 20  Want die koninkryk van God lê nie in woorde nie, maar in krag.+ 21  Wat wil julle hê? Moet ek met ’n roede na julle toe kom,+ of met liefde en sagmoedigheid van gees?+

Voetnote