1 Korintiërs 5:1-13

5  Daar word waarlik berig dat daar hoerery+ onder julle is, en hoerery van so ’n aard as wat nie eens onder die nasies voorkom nie, dat ’n sekere man die vrou van sy vader het.+  En is julle opgeblase,+ en moes julle nie eerder getreur het,+ sodat die man wat hierdie daad gedoen het, uit julle midde weggeneem sou word nie?+  Wat my betref, ek het, hoewel afwesig in die liggaam maar teenwoordig in die gees, beslis reeds, asof ek teenwoordig was, die man geoordeel+ wat só gehandel het,  dat julle in die naam van ons Here Jesus, wanneer julle bymekaar is, ook my gees saam met die krag van ons Here Jesus,+  so iemand aan Satan moet oorgee+ vir die vernietiging van die vlees, sodat die gees+ gered kan word in die dag van die Here.+  Die rede waarom julle roem,+ is nie goed nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg deursuur+ nie?  Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle ’n nuwe deeg+ kan wees, soos julle immers ongesuurd is. Want Christus,+ ons pasga,+ is inderdaad geoffer.+  Laat ons die fees+ gevolglik nie met ou suurdeeg+ vier nie, en ook nie met suurdeeg+ van slegtheid en goddeloosheid nie,+ maar met ongesuurde koeke van opregtheid en waarheid.+  In my brief het ek aan julle geskryf om op te hou om met hoereerders om te gaan, 10  nie dat ek bedoel het heeltemal met die hoereerders+ van hierdie wêreld+ of die gierigaards en afpersers of afgodedienaars nie. Anders sou julle in werklikheid uit die wêreld moes uitgaan.+ 11  Maar nou skryf ek aan julle om op te hou om met enigeen om te gaan+ wat ’n broer genoem word maar wat ’n hoereerder of ’n gierigaard+ of ’n afgodedienaar of ’n kwaadspreker of ’n dronkaard+ of ’n afperser is, en om nie eens saam met so iemand te eet nie. 12  Want wat het ek te doen met die oordeel van dié wat buite is?+ Oordeel julle nie dié wat binne is,+ 13  terwyl God dié oordeel wat buite is nie?+ “Verwyder die goddelose mens onder julle uit.”+

Voetnote