1 Korintiërs 6:1-20

6  Durf enigeen van julle wat ’n saak+ teen ’n ander het, hof toe gaan om voor onregverdiges te verskyn+ en nie voor die heiliges nie?+  Of weet julle nie dat die heiliges die wêreld+ sal oordeel nie?+ En as die wêreld deur julle geoordeel sal word, is julle dan onbevoeg om uiters geringe+ sake te verhoor?  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie?+ Waarom dan nie sake van hierdie lewe nie?  As julle dan wel sake van hierdie lewe het wat verhoor moet word,+ stel julle dan die manne op wie daar in die gemeente neergesien word, as regters aan?+  Ek spreek om julle tot skaamte te beweeg.+ Is dit waar dat daar nie één wyse+ onder julle is wat tussen sy broers sal kan oordeel nie,  maar dat broer met broer hof toe gaan, en dit voor ongelowiges?+  Ja, dit beteken dan geheel en al ’n nederlaag vir julle dat julle regsgedinge+ met mekaar het. Waarom laat julle julle nie liewer veronreg nie?+ Waarom laat julle julle nie liewer te kort doen nie?+  In plaas daarvan veronreg en doen julle ander te kort, en dit boonop julle broers.+  Wat! Weet julle nie dat onregverdiges God se koninkryk nie sal beërf nie?+ Moenie mislei word nie. Geen hoereerders+ of afgodedienaars+ of egbrekers+ of mans wat vir onnatuurlike doeleindes+ aangehou word of mans wat by mans lê+ 10  of diewe of gierigaards+ of dronkaards+ of kwaadsprekers of afpersers sal God se koninkryk beërf nie.+ 11  En tog is dit wat party van julle was.+ Maar julle is skoon gewas,+ maar julle is geheilig,+ maar julle is regverdig verklaar+ in die naam van ons Here Jesus Christus+ en met die gees van ons God.+ 12  Alles is my geoorloof; maar nie alles is voordelig nie.+ Alles is my geoorloof;+ maar ek sal my nie deur enigiets laat oorheers nie.+ 13  Voedsel vir die maag, en die maag vir voedsel;+ maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak.+ En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here;+ en die Here is vir die liggaam.+ 14  Maar God het die Here opgewek+ en sal ook ons uit die dood opwek+ deur sy krag.+ 15  Weet julle nie dat julle liggame lede+ van Christus is nie?+ Sal ek dan die lede van die Christus wegneem en hulle lede van ’n hoer maak?+ Mag dit nooit gebeur nie! 16  Wat! Weet julle nie dat hy wat met ’n hoer verenig is, een liggaam is nie? Want: “Die twee”, sê hy, “sal een vlees wees.”+ 17  Maar hy wat met die Here verenig is, is een+ gees.+ 18  Vlug vir die hoerery.+ Elke ander sonde wat ’n mens pleeg, is buite sy liggaam, maar hy wat hoerery beoefen, sondig teen sy eie liggaam.+ 19  Wat! Weet julle nie dat julle liggaam die tempel+ van die heilige gees in julle is,+ wat julle van God het nie? Ook behoort julle nie aan julleself nie,+ 20  want julle is met ’n prys gekoop.+ Verheerlik God+ dan in julle liggaam.+

Voetnote